MANNA KOMBUIS

Elke skool het 'n voedingskema wat sorg vir leerders wat nie noodwendig behoorlike ontbyt of kos pouses het nie. By Laerskool Bakenkop het ons 'n Manna Kombuis. 

Die kombuis word bestuur deur vrywillige ouers wat in die oggend vir sowat 25 leerders ontbyt voorsien en daarna broodjies maak vir albei pouses. Ons kry ons skenkings van ouers van die skool af of die skool koop dit aan. 

Die leerders word  bederf met vrugte/skyfies/lekkergoed en ons Billike Blitz (snoepie) bederf hulle ook op verskillende dae met gratis aankope. 

Ons gee ook elke maand vir sowat 20 gesinne 'n boks vol kruideniersware. 

Ons is dankbaar vir ons ouers en gemeenskap wat ons hiermee help. 

Vir navrae of om 'n bydrae te lewer kontak Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.