AKADEMIE KLUB 80'S

Klub 80’s – ‘n Nuwe Tradisie van Uitnemendheid

Vanaf 2024 het ons ook begin met die "Klub 80’s" – ‘n erkenning vir leerders wat nie noodwendig in die Top 10 is nie, maar wat ‘n gemiddeld van 80% of hoër behaal het op hul vorderingsverslag vir die betrokke kwartaal.

Hierdie Klub is ‘n waardevolle motiveringsinstrument, en die name van Klub 80’s-lede verskyn trots op ons D6-platform sowel as op sosiale media. Dit moedig leerders aan om aan te hou strewe na uitmuntende akademiese prestasie – en om in die "80’s" te bly!

Baie geluk aan ons Klub 80 lede vir die eerste kwartaal van 2025.