BLITZI BOETIEK

 

Op 1 Des 2022 open ons ons eie Blitzi Boetiek. Al ons sportdrag, kouse, Gr RR en R hempies, Bakie Bersies, sweetpak en ander oulike Bakie goodies word hier verkoop. As die nood druk en jy nie nuwe klere vir jou kind kan koop nie, kom besoek gerus ons Blitzi Boetiek by die skool. Dis waar jy goeie tweede handse klere kan kom koop. Daar is tot 'n aantrek hokkie waar jy veilig agter 'n toe gordyn kan klere aanpas.

Tannie Tari Coetsee doen baie moeite met die versorging van die klere en boetiek. Skakel haar gerus as jy iets benodig by 082 450 1780 of Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk..  Ou voorraad klere wat ons nie kan aanhou nie skenk ons graag vir minder bevoorregte skole.

Blitzi Boetiek ure is: 

  • 07:00 – 15:00 op Maandae, Woensdae
  • 07:00 – 14:00 Vrydae
  • 09:00 – 17:00 Dinsdae en Donderdae
  • Laaste Saterdag van die maand – 08:00 – 10:00
  • Dag voor skool vir die kwartaal begin 08:00 – 12:00

 

Ouers word versoek om die voorgeskrewe skooldrag by die skool se amptelike leweransiers te koop:

Wierdapark Uitrusters by 012 654  9600 en

Wear-2-school by 068 366 1487.  

Die leweransiers verseker u van die absolute kwaliteit wat die skoolklere betref. Nuwe leerders kry drie weke geleentheid om skooldrag aan te skaf.

Ons Blitzi's het ook 'n "baba" gekry en ons nuwe baba Blitzimpi's is baie populer!

 

 boetiek

boetiek 1  

  

blitzimpis