Aan die einde van die jaar word daar erkenning gegee aan al die leerders wat presteer op akademies, sport en kultuur gebied. Dis 'n spog geleentheid waar leerders sertifikate en trofees ontvang vir hulle harde werk gedurende die jaar. Leerders wat genooi word ontvang 'n brief wat hom/haar uitnooi na die verskillende meriete funksies toe.
Leerders ontvang ook na afloop van sport of kultuur seisoen 'n sertifikaat vir deelname aan daardie spesifieke aktiwiteit. Dit word tydens 'n saal opening uitgedeel. Leerders wat vir 3 aaneenlopende jare deelgeneem het aan 'n sport of kultuur ontvang ook 'n balkie wat hy aan sy skoolbaadjie kan vaswerk.
2024 se Akademiese Prysuitdelings was weer uitmuntend met 'n tema "Ons DANS as dit reën, want selfs daar groei Seën"
Dit is 'n uitdrukking wat ons herinner dat selfs in moeilike tye, daar nog hoop en vreugde is. Die reën simboliseer die uitdagings en moeilikhede wat die leerders dalk in 2024 gehad het, maar die dans van seën verteenwoordig die vreugde en dankbaarheid wat hulle kon ervaar om hul erkenning te kon ontvang vir die jaar se harde werk.