KORE

RMS Kore 2024 - ALBEI KORE WEN???
Ons wen nie net die Juniorkoor op 1 Junie 2024 nie maar ook die Seniorkoor afdeling.

Ons Seniorkoor wen die Kraal Kunstefees met n A++ en is ook die alghele wenners  van die senior afdeling in 2024. 


Baie geluk julle nagtegale! Baie dankie aan Juf Lientjie Sothman wat die Juniorkoor afrig en Mnr Anton Pottas wat die Seniorkoor afrig.
Groot dank ook aan ons eie personeel wat agter die skerms werk met al die reëlings en admin!
Ons sien uit na die res van julle optredes by vanjaar se optredes. 

Ons Junior koor bestaan  uit Gr 1 - 3 leerders en die Senior koor uit Gr 4 - 7 leerders. Vir beide kore moet jy gekeur word. Die keuring is streng en word bepaal deur die leerder wat ‘n suiwer stem en goeie musikale oor het. Ons werk baie aan stembou en gehoor.   Vanaf September 2018 word ons Seniorkoor begelei deur die welbekende Mnr Anton Pottas! Albei kore bestaan uit +70 lede 

Daar neem deel aan kunswedstryde en tree ook op by die Staatsteater. Hulle word ook gereëld gevra om by kerke en kermisse op te tree. 

Sing is die leerders se passie en hulle gaan sing-sing deur die skool!