NETBAL INLIGTING

ALLES IN DIE LEWE HET 'N DOEL....VERAL NETBAL 

Netbal word in die 2de kwartaal gespeel. Ons afrigters word jaarliks ge-gradueer en is daar 15 afrigters met 'n Vlak 1 netbal kwalifikasie. 

Dit word in 4 groepe hanteer , naamlik Blitzimpi netbal (Gr RR) Blitzie netbal (GR R) Mini-netbal (Gr 1 tot Gr 3) en Senior netbal (Gr 4 tot Gr 7).

Blitzimpi en Blitzie-netbal vir Gr. R het ten doel om so veel moontlik Gr. R dogtertjies bekend te stel aan netbal en waar ons vaardighede aanmoedig.

Mini Netbal is vir Gr. 1 - 3 dogters en word vriendskaplik gespeel by Mini Netbal toernooie.  

Liga wedstryde vind plaas vanaf 0/10 - 0/13 en in 2024 het ons 3 spanne in elke ouderdomsgroep. Ons 0/12 en 0/13 spelers kry ook die geleentheid om aan die Gauteng kampioenskappe deel te neem.  

Ons neem ook deel aan die RMS reeks met Laerskole Warmbad, Die Arend, Northmead en Volkskool Heidelberg. Proewe vir die ligaspanne word reeds al in Okt gedoen om die daaropvolgende jaar se spanne te kies. Daar word meestal 3 spanne per ouderdomsgroep gekies. Die A en B spanne gaan ook op netbal toere by Sportisimo. Al die spelers kom terug met baie kennis en is reg vir die liga wat in die 2de kwartaal voorlê.   

Tydens die 2025 Gauteng Netbal proewe is daar 5 dogters wat tot in 4de rondte speel. In Rondte 5 en 6 speel Wiandi Rheeders, Lisa Lyn Venter en Christelle Bezuidenhout nog. Ongelukkig word nie een van hulle gekies vir die provinsiale span nie.      

In 'n oogwink is die senior netbalseisoen vir 2025 verby, en wat 'n ongelooflike reis was dit nie! Ons spanne het met trots, toewyding en geesdrif gespeel, en die uitslae getuig van harde werk en spanpoging.

Uitslae:

  • 10A – Wen die liga

  • 10B – 3de plek

  • 10C – 2de plek (vriendskaplik)

  • 11A – Wen die liga

  • 11B – Wen die liga

  • 12A – 3de plek

  • 12B – 3de plek

  • 13A – 4de plek

  • 13B – 3de plek

  • 13C – 4de plek (vriendskaplik)

Baie dankie aan elke speler wat haar alles gegee het, aan ons ouers vir hul getroue en standvastige ondersteuning langs die kantlyn, en aan elke afrigter vir jou onbaatsugtige leiding, tyd en passie. Julle het elke oefening en wedstryd sinvol gemaak.

Al is netbal nou verby vir die jaar, beteken dit net een ding... hokkie wag vir jou!

.