Hulle praat ons van ons kop af, in die klas, op die stoepe, tydens pouses, maar ons hou van ons Babbelbekkies. Ons redenaars is hoog op ons lys van kultuur aktiwiteite en ons praat net so goed in Engels as in Afrikaans. Ons hou 'n Afrikaanse en Engelse Redenaars middag by die skool waar 'n wenner uit elke graad gekies word. Daarna gaan neem hulle deel aan die Super 8 en die kunswedstryde, Oppi Tong, ATKV en Radikale Redenaars.
Ons is algeheel tweede tydens die RMS Afrikaanse redenaars vir 2024.
Ons is algeheel tweede tydens die RMS Engelse redenaars vir 2024.
ATKV redenaars 2024
Lana van Schalkwyk in Gr. 7 praat haarself in 'n 3de plek in vir Gauteng tydens die ATKV redenaars. Sy dring deur na die nasionale kampioenskappe wat plaasvind op 12 Augustus 2024 by Klein Kariba.
Interskole redenaarskompetisie 2024:
Karla Joubert (Gr. 7) en Deané Bezuidenhout (Gr.5) is deur na die Interskole Redenaarskompetisie se finale rondte vir 2024
Karla Joubert (Gr. 7) en Deané Bezuidenhout (Gr.5) is deur na die Interskole Redenaarskompetisie se finale rondte vir 2024
Kansvatter 2024:
Ons het 17 leerders wat deur is na die semifinale van die Kansvatter nasionale kompetisie vir 2024 en 3 leerders wat deur is na die Orators Kansvatter Semifinale.
Huidiglik wag daar nog 'n hele klomp kompetisies voor waaraan ons deelneem vir 2024. Hou die spasie dop....





