Ons het 'n besonderse jaar in 2025 gehad al is die Atletiek seisoen kort.
Ons wen vir die eerste keer die Wyksbyeenkoms teen LS Louis Leipoldt, Doornkloof, Swartkop, Cornwall Hill en Centurion Primary. Ons neem 28 atlete na die Top 10 skole byeekoms toe by HS Waterkloof en eindig algeheel 6de uit 28 spanne.
Tydens die Cluster byeenkoms behaal ons 18 plekke tussen 1ste en 3de plek en gaan 11 atlete deur na die Distriksbyeenkoms toe.
Tydens die Distriksbyeenkoms behaal ons 12 plekke tussen 1ste en 3de plek
6 Atlete gaan deur na die GISSA byeenkoms wat op 14 en 15 Maart 2025 gaan plaasvind.
Ons 6 atlete wat ons skool gaan verteenwoordig by die GISSA kampioenskappe op 14 en 15 Maart 2025.
5 Atlete ontvang hulle Gauteng Noord kleure in atletiek en neem deel aan SA Klub Atletiek in Desember 2024.
By ons meriete aand in Des 2024 gee ons erkenning vir ons top atlete in daardie spesifieke item.