Kultuur by Laerskool Bakenkop is net so hoog op ons prestasielys as Sport en is ons trots op ons Kultuur. Ons bied kultuur aktiwiteite aan waar daar verseker iets is vir elke leerder om te kan deelneem. Ons kultuur uitslae is jaarliks van hoogstaande gehalte met kategorie wenners by verskillende feeste.
Ons kultuur aktiwiteite sluit in:
- Junior en Senior kore
- Junior en Senior revue
- Individuele Redenaars
- Groepsredenaars
- Orators
- Toneel
- Ligte Liedjies
Sien onder elke afdeling hoe ons presteer het in 2024.
Ons het ook aan die einde van die jaar 'n Veelsydigste Kultuur Seun en Dogter wat ons aanwys wat aan die meeste kultuur aktiwiteite deelgeneem en presteer het. Dit is leerders van Gr 1 tot Gr 7. In 2024 is ons Veelsydigste Kultuur seun Logan Donaldson in Gr. 3 en ons Veelsydigste Kultuur Dogter is Karla Joubert in Gr 7.