Dis 'n mik, korrel en 'n gooi....dit is 'n pen....dit is Jukskei! Ons is een van min skole wat Jukskei aanbied sedert 2015. Elke jaar raak ons beter en beter.
Alle leerders van Gr.1 – 7 mag deelneem. Jukskei word in die 3de kwartaal beoefen.
Ons Jukskei word afgesluit op 'n baie hoë noot in 2024. Tydens die laaste liga word ons aangewys as die algehele wenners van al die skole.





Die volgende leerders word ook genooi om deel te neem aan die Gauteng Noord proewe later die jaar:
0/11
- Liam Reynecke
- Xander Pheiffer
- Daniel Fourie
- Wian Fourie
0/13
- Moya Kruger
- Dane Jordaan
- Johan Visser
- Ben Botha
- Ricus Bester
- Sebastian Radford
- Janko Pheiffer
Wernich Gouws word genooi om Noord Wes proewe.
Baie geluk aan almal. Volgende jaar vat ons dogtersspanne ook die liga!