D6 CONNECT

D6 connect:

Dis Laerskool Bakenkop se ‘Bybel”; alle inligting verskyn daar en moet u asb daarvan gebruik maak.

D6 Connect bied die volgende funksies aan:

  • Gebruikers word ingelig en op datum gehou van die aktiwiteite van die leerders en skool
  • Relevante en opgedateerde inligting (bv: skool se kontakpersone en skoolrekeninge)
  • Laat gebruikers toe om:

           Direk te antwoord op navrae van die skool (Vervanging van tradisionele skeurstrokies)

          Veranderinge aan te bring aan ouers en leerders se persoonlike data op die skool se databasis

          Algemene navrae direk aan die skool te stuur en terugvoer daarop te ontvang

          Leerderafwesighede aan te meld

U kry ook toegang tot kind-spesifieke funksies:

  • Leerder Punte
  • Leerder Dissipline
  • Leerder Finansies
  • Leerder Afwesigheid

Kliek hier om die program af te laai: https://connect.d6.co.za/login

Kliek hier vir hulp as u sukkel om die program af te laai. https://drive.google.com/file/d/1sPn1iTh3TqN4tzN69-UKVkJM4lCHpVF8/view

DISSIPLINE STELSEL - OORTREDINGS

Druk hier om die gedragskode van die leerders af te laai

DISSIPLINE STELSEL  -  OORTREDINGS

 

A  =  AKADEMIESE OORTREDINGS WORD U DADELIK GESKAKEL.

B  =  GEDRAG OORTREDINGS

Die A en B-dissiplinestelsel is nou gerekenariseer, alhoewel daar punte toekennings by elke oortreding is, sal die ernstigheid van die oortredings bestuur word deur middel van die volgende kommunikasie aan ouers/voogde.

  

BRIEF 1         -               Na 50 punte per kwartaal

Klasonderwyser stuur brief huis toe waarop ouer reageer met skeurstrokie

BRIEF 2         -               Na ‘n verdere 50 punte of direkte 100.

Oueronderhoud of telefonies met Mnr Disney Evans. 

BRIEF 3         -              Na ‘n verdere 50 punte

Oueronderhoud met Mnr. W.J. Fourie.

BRIEF 4         -              Na ‘n verdere 50 punte

Ouers en leerder sal voor Beheerliggaam moet verskyn.

Hoop dat ouers/voogde die personeel se hande sal versterk en daadwerklik sal help dat ons die probleme so gou as moontlik oplos, om verdere briewe te vermy.

NUWE INSKRYWINGS

 

                                                                

Gr. RR & R inskrywings vir 2026 het 3 Februarie 2025 oopgemaak.  

Om jou kind se "space" te verseker in die groot Bakie ruimte, druk op die skakel en bespreek sy/haar plek vir die onvergeetlike reis op ons opedae.
  • Inskrywingsvorms is by voedingskleuterskole uitgedeel. Indien jou kind nie in die kleuterskole is nie is julle nogsteeds baie welkom om in te skryf. Epos Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk. vir 'n aansoekvorm. 
  •  Die opedag vir Gr. RR gaan 11 April 2025 wees en Gr R en Gr 1 vir 2026 vind plaas op 12 April 2025. Dagboek solank!
  • Gr 1 aansoeke vir 2026 is 'n aanlyn proses wat deur die Departement van Onderwys plaasvind. Die datum sal op alle sosiale media platvorms bekend gemaak word. 
  • Vir navrae e-pos Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk. of WA 066 236 8515

 

 

 

 

.    

 

 

MERIETES EN GESINDHEIDSKAARTE

Die merietestelsel is 'n aanvulling tot die gedragskode van die skool. Ons glo daaraan om leerders te beloon vir goeie gedrag eerder as om negatief op te tree. 
Die toepassing van die merietestelsel het ontstaan uit die gedagte om leerders se goeie gedrag aan te moedig en te beloon. Voorts is verwag die positiewe benadering ook positiewe verhoudinge tussen personeel en leerders en tussen leerders onderling sal bevorder. Die merietestelsel dra ook by tot die keuse wat 'n kind maak dat hy 'n meriete vir 'n optrede kan kry, wat positief is, of dat hy 'n negatiewe gedragskode kan kry.

Die merietestelsel werk veral vir die kleiner Gr. R - Gr. 5 leerder goed tot baie goed. Elke leerder kry 'n gesindheidskaart. Die graad 6 en 7-personeel gee ook aan hul merietes. Die groter leerders het al geleer dat positiewe gedrag vir hom/haar voordeel inhou. Die graad 6-leerders word ingedeel in werkgroepe, om hul ontluikende abstrakte denke te stimuleer, hul leefwêreld te verruim en nuwe ervarings op hul lewenspad te bring. Die graad 7-leerders het normaalweg 'n besige skoolprogram waarby hul kan inskakel, hul word as leiers verkies, kan op eie keuse aansoek doen om as 'n Bakiejollers gekies te word en is die "groot kinders" van die skool. Die akademiese program fokus ook op abstrakte denke en voorbereiding vir hul hoërskooljare wat voorlê.

Merietes word onder Bakiestergedrag in huiswerkboek aangeteken. Die gesindheidskaarte in die huiswerkboekie pas in by die tema van daardie jaar. Ons tema vir 2025 is "Bakies is vuur en vlam" en gaan daardie gesindheidskaarte vinnig brand!

 

2025

 

2024

2023

 

 

           

GESKIEDENIS

In Januarie 1982 het die skool onder die dak van Laerskool Wierdapark begin. Die skool het toe bekend gestaan as Tweede Laerskool Wierdapark onder leiding van die waarnemende hoof, mnr PSN Swart. Op 23 April het ons ons eie gebou betrek en almal het van die “Veldskool” gepraat. In Oktober 1982 het die skool die naam Laerskool Bakenkop gekry. Ons skoollied is deur wyle Koos du Plessis geskryf en die woorde “trou aan ons eie" is as leuse gekies. Ons skoolwapen is op 20 Februarie 1984 deur die Buro van Heraldiek goedgekeur.

Ons skool sal op 23 April 2022 40 jaar oud wees en beplan ons n groot reunie vir al die oud Bakies! 

ou skool jare

BLITZI BOETIEK

 

Op 1 Des 2022 open ons ons eie Blitzi Boetiek. Al ons sportdrag, kouse, Gr RR en R hempies, Bakie Bersies, sweetpak en ander oulike Bakie goodies word hier verkoop. As die nood druk en jy nie nuwe klere vir jou kind kan koop nie, kom besoek gerus ons Blitzi Boetiek by die skool. Dis waar jy goeie tweede handse klere kan kom koop. Daar is tot 'n aantrek hokkie waar jy veilig agter 'n toe gordyn kan klere aanpas.

Tannie Tari Coetsee doen baie moeite met die versorging van die klere en boetiek. Skakel haar gerus as jy iets benodig by 082 450 1780 of Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk..  Ou voorraad klere wat ons nie kan aanhou nie skenk ons graag vir minder bevoorregte skole.

Blitzi Boetiek ure is: 

  • 07:00 – 15:00 op Maandae, Woensdae
  • 07:00 – 14:00 Vrydae
  • 09:00 – 17:00 Dinsdae en Donderdae
  • Laaste Saterdag van die maand – 08:00 – 10:00
  • Dag voor skool vir die kwartaal begin 08:00 – 12:00

 

Ouers word versoek om die voorgeskrewe skooldrag by die skool se amptelike leweransiers te koop:

Wierdapark Uitrusters by 012 654  9600 en

Wear-2-school by 068 366 1487.  

Die leweransiers verseker u van die absolute kwaliteit wat die skoolklere betref. Nuwe leerders kry drie weke geleentheid om skooldrag aan te skaf.

Ons Blitzi's het ook 'n "baba" gekry en ons nuwe baba Blitzimpi's is baie populer!

 

 boetiek

boetiek 1  

  

blitzimpis

 

             

 

 

KWARTAAL PROGRAM

Die kwartaalprogramme is onderhewig aan veranderinge en is ook te vind in die D6 connect vir ons ouers en leerders. Om die D6 connect af te laai gaan na Algemeen. 

 

 

SKOOLGELDE EN BANKBESONDERHEDE

Laerskool Bakenkop is 'n publieke skool en daarom is skoolgeld verpligtend om te betaal. Die skoolgeld vir 2025 was vasgestel op die Algemene Ouervergadering van 7 November 2024.

Druk hier vir die skoolgeld van 2025

Die bankbesonderhede is soos volg:

Laerskool Bakenkop

ABSA

Rek no 3260 150 366

Verwysings nommer is altyd die FAMILIE KODE met die rede vir betaling bv skoolgeld/naskool/toer.

 

 

VISIE, MISSIE EN SKOOLLIED

 

Visie

Om ons leerders se volle potensiaal te ontwikkel. 

 

Missie

Om die leerders te onderrig en op te voed sodat hulle vaardig en diensbaar is.

 

Leerling Visie

Ons hanteer elke situasie so goed as wat ons kan. 

 

Skoollied

Trou aan ons eie rig Bakenkop
Trots, maar in ootmoed ‘n baken op
Baken van kennis geloof, hoop en moed
Op aarde gekoop met ons bloed.

Laat ons met wysheid ons land deurdrenk
Met al die gawes wat u ons skenk
Gee dat ons dade u raadsplan sal dien
Ons oë U koninkryk sien.

Neerlae en seges vul elke dag
Maar ons streef hoër, want Hoër Krag
Vul ons met ywer, met vreugde en trots
Want Bakenkop staan op ‘n Rots.

Geskryf deur Koos du Plessis

 

 

HOEKOM LAERSKOOL BAKENKOP?

WAT IS BAKENKOP ?

 BAKENKOP glo dat ‘n kind se opvoeding ’n Vennootskap is tussen ouers, onderwysers en kinders. EN, net soos in ‘n gewone sake vennootskap – moet elke vennoot poog om eerder te veel as te min te doen. Om net jou deel te doen, is te min.

 

BAKENKOP glo dat elke kind in hierdie skool spesiaal is – nie net jou eie kind nie.

 

BAKENKOP glo dat kinders en hul ouers gelyk is. So glo BAKIES dat alle kinders, of hulle ryk/arm is, mooi/lelik is, lank/kort is, vet/maer is, “in”/”uit” is, slim/dom is, vinnig/stadig is ALMAL GELYK is.

 

BAKENKOP glo dat jou kind ook my kind is. Dat daar ’n plig op my rus om agter jou kind te kyk, net soos daar ’n plig op jou rus om agter my kind te kyk.

 

’n BAKIE se liefde vir hierdie skool, is ’n liefde wat meer gee as wat hy neem.

 

’n BAKIE lei deur voorbeeld. ’n Voorbeeld te alle tye, op en af van die veld af, in jou kar en selfs voor die televisie. ’n BAKIE-leier is almal se leier, nie net ’n leier van sy/haar vriende of kind se klasmaats nie.

 

BAKENKOP se grootste wens is dat elke BAKIE ’n gelukkige kind sal wees. Prestasie is dus slegs ’n wonderlike bonus.

 

BAKENKOP weet waarheen hierdie skool oppad is. Elke BAKIE berei die pad voor vir ’n beter toekoms vir die skool. BAKIES gee tree vir tree – altyd vorentoe, nooit agtertoe nie.

 

BAKENKOP skuld jou niks. Dit is elke BAKIE wat BAKENKOP iets skuld. Jy skuld BAKENKOP jou tyd, jou energie en jou talent. Elke BAKIE is belangrik en word benodig. Dit is te laat om te wag vir iemand om eendag iets te doen. Eendag is NOU en daardie iemand is JY !

 

BAKENKOP plant die vrugteboom, gee dit water, versorg en vertroetel dit – al is die vrugte eers ryp, lank nadat sy kinders uit die skool is…

 

Eenkeer ’n BAKIE, altyd BAKENKOP !

 

Johan Schoeman

Beheerliggaam Voorsitter

2025

 

 

 

 

Subkategorieë