ROBOTIKA

ONS BEGIN IN 2025 MET ROBOTIKA VAN GR R TOT GR 7!

Robotika is die nuutste "buss word"  in skole. Huidiglik geniet leerders van Gr 4 tot Gr 7 'n periode van Robitika op 'n weeklikse basis. Ons gebruik die "STEM KIT" toestelle vir dit. 

'n Stem Kit is gereedskap en aktiwiteite wat spesifiek ontwerp is om Wetenskaplike Ondersoeke en die aard van Wetenskap te onderrig. 

 


 

AKADEMIE KLUB 80'S

Nie alle leerders kan op die Top 10 akademiese lys verskyn nie. Dit beteken nie dat die ander leerders onder die top 10 nie hulle beste gegee het nie. Daarom begin ons in 2024 met ons "Klub 80's". Dit is leerders wat nie op die akademiese top 10 is nie maar 'n gemiddeld van 80% en hoër het op sy/haar vorderingsverslag vir daardie spesifieke kwartaal.

Dié lys van die lede op die Klub 80's verskyn ook op ons D6 en op sosiale media en moedig dit die leerders aan om te probeer bly op die Klbu 80's klub.

Baie geluk aan die leerders wat vir die 4de kwartaal van 2024 in Klub 800's is!

   

     

         

 

         

     

  

 

 

LEESSENTRUM

AS JY NIE KAN LEES NIE KAN JY NIE LEER NIE☺

Party skole het rekenaarsentrums om leerders se rekenaarvaardighede op te skerp. By Laerskool Bakenkop glo ons as jy nie kan goed lees nie gaan jou grondslag om goed te presteer voor 'n rekenaar nie voordelig wees nie. Daarom plaas ons 'n groot premie om ons leerders te bemagtig om te kan lees. Met ons Eyebraingym program is elke leerder van Gr 4 - Gr 7) op die sisteem geplaas en word elke leerder individueel gemonitor op hulle leesvermoë.

'n Verslag word per leerder uitgedruk om sy/haar vordering met lees per minuut aan te dui. Ons begin met die program in 2022 en ontvang ons skool (Mnr Marnus Putter spesifiek) 'n toekenning vir sy positiewe bydrae en toewyding met ons skool se leessentrum wat deur Eyebraingym bestuur word.  vir die jaar 2022.  Natuurlik sou hy dit nie kon doen sonder ons Bakie leerders wat die leesprogram so "verslind" het met hulle leesgierigheid nie. In sy beste Engelse toespraak nog het hy die volgende te sê gehad tydens die geleentheid:

"Marnus Putter, Head of Department at Laerskool Bakenkop in Centurion, said they implemented Eyebraingym for their learners from grades 4 – 7, and the results have been incredibly positive. “The program is engaging, and it has helped to improve the reading skills and comprehension of our learners in a noticeable way,” said Putter.

He spoke at the award function of Lectorsa, where he received a facilitator’s award for his commitment and willingness to help children improve their visual intelligence.

“After completing the program, learners have shown a significant increase in their ability to understand and retain the information they read. They are more confident in their reading abilities and are more eager to participate in class discussions. Additionally, we've seen a decrease in the number of students who struggle with reading.

“The solution’s user-friendly interface and features make it enjoyable for learners to use, and the ability to track progress and receive immediate feedback has been a huge motivation for them.

“Overall, we highly recommend Eyebraingym to other schools and educators. Its impact on our learners has been profound, and we believe that it can have the same positive effect on students everywhere. If you're looking for a way to
improve your students' reading skills, this is the solution,” he said.

Ons is baie trots op hierdie prestasie. Dankie dat jy 'n verskil maak in leerders se lewens deur hulle te help om van lees te hou. 

 EBG Award 0425       

 

GR RR - ONS BEKKIGE BLITZIMPI'S

IMG 20220112 WA0063

 

 

Die video in 2024 op Facebook en Tik Tok gaan "viral" waar ons wys hoe ons kleinste leerders op 'n speel speel manier fyn motoriese ontwikkeling aanleer. Dit word met meer as 1.1miljoen keer gekyk Tiktok met 44.7k se "likes" en 3 270 mense wat kommentaar lewer. Op FB is daar 650 kommentaar. Almal is dit eens dat daar meer van die manier van leer moet plaasvind in skole. 

 Kyk gerus hier hoe hulle dit geniet!

https://www.youtube.com/shorts/-orCBpLle_k

Om in jou 40ste verjaarsdag jaar met iets nuuts by die skool te begin is altyd iets vir die boeke. Ons eerste Gr. RR klas sien die lig in Jan 2022.

Die klas groei binne die eerste kwartaal van 16 na 24 leerders en hulle druk verseker hulle stempel af in 2022 – wat ons tema is vir ons 40ste verjaarsdag jaar.   

Ons beskik tans oor 2 klassies met ongeveer 17 leerders in 'n klas.  Skooltyd is van 08:00 - 12:45. Die kamus maak reeds 6:45 oop. Ons beskik oor 'n wagklas tot 13:45. 

 

Laerskool Bakenkop se Gr. RR het ‘n unieke benadering.

Ons volg Finland se opvoedkundige holistiese riglyne om ‘n kind se volle potensiaal te ontwikkel voor skool.

Die Finlandse filosofie rondom onderwys van die jong kind, gekombineer met die Suid Afrikaanse Nasionale Kurrikulum Raamwerk vanaf die Departement van Basiese onderwys, voorsien in ‘n uitsonderlike platform as basis waaruit die leerders ontwikkel word.

Elke kind word as ‘n individu gesien, elkeen met sy eie unieke talente en persoonlikhede wat ontgin word. Die fokus is nie NET op leer nie, maar om ‘n liefde vir leer te kweek.

Uit die staanspoor het ons die standaarde buitengewoon hoog gestel; diep onder die indruk dat ons met “Die Toekoms” werk en die kosbare geleentheid het om ‘n verskil te maak.

Binne ons liefdevolle, rustige en veilige omgewing kan jou kosbare kind sy of haar volle potensiaal bereik. Kinders moet so lank as moontlik nét kind wees EN SPEEL!

Daar word geen druk op ons kinders geplaas om te presteer nie – deur die Laerskool Bakenkop Gr. RR se kurrikulum berei ons kleuters voor vir formele leer, en gereed vir die uitdagings van ‘n groter wêreld. Aangesien ons klasse klein is, word elke kind daagliks waargeneem, sodat beplanning en aktiwiteite aangepas kan word om vaardighede en konsepte vas te lê.

Ons besoek 'n plaas, het ons eie modderkombuis, sensoriese tuin en bak en brou in 'n regt kombuis.  

IN KORT HIER MOET ‘N KIND SPEEL!

Ons baie speelruimte maak voorsieining daarvoor! 

Druk hier om te sien wat ons ouers sê na hulle eerste week as Gr. RR ouers. 

 

  

 

 

Gr R ATLETIEKDAE

Dis elke jaar een van die lekker aktiwiteite op ons Gr. R kalender. 

Die volgende items het gesorg vir behoorlike “kompetisie” tussen almal op 12 Feb 2025! 

60m Hardloop

60m Hekkies

Verspring

Hoogspring

Sang item.

Ons Bakies sê ”Om te wen is lekker, om deel te neem beter en om dit te geniet die beste! Dis presies hoe dié dag vir die Gr R’e verloop het.

 

 

 

 

 

 

 

   

GR.1 SE EERSTE DAG 2024 - ONS IS SOMMER OP E-NUUS

Die opgewondenheid ken geen perke nie! Hulle slaap niks die vorige aand nie en daag by die skool op saam met al hulle geliefdes! Dis lekker om 'n Bakie te wees! Ons is bevoorreg dat E-Nuus ons eerste dag van 2024 op TV kon uitsaai. 

https://www.youtube.com/watch?v=XRBQvAyONfo&t=6s

Ons neem ook ons "Kersie-aansteek-foto" op die eerste dag van GR 1's. Sien die inligting oor oor ons Kersie-aansteek tradisie onder algemeen.   

 

 

GR R ROBOT - NOG 'N EERSTE

By watter ander Gr R kampus gaan jy nog 'n regte egte robot kry om die leerders padveiligheid te leer! Net in Bakieland. In 2017 is ons bevoorreg om 'n robot geskenk te kry. So leer die leerders speel speel hoe padveiligheid werk, wanneer om te ry en wanneer om te stop . Gelukkig was daar nog nooit 'n kop aan kop botsing nie want ons het mos versigtige, ordentlike bestuurders! 

       robot

AKADEMIESE INLIGTINGSAANDE

In die eerste week van die nuwe jaar hou ons Akademiese inligtingsaande vir alle grade sodat ouers deeglik ingelig is van wat op Akademiese gebied plaasvind en wat verwag word. Ouers kry ook die geleentheid om jou kind se registerpersoneellid te ontmoet. Inligtingstukke is altyd na die tyd op ons kommunikeerder te sien vir ons ouers. 

 

           

AKADEMIESE PRESTEERDERS GR 7 2024

Baie geluk aan die Gr. 7 leerders wat op Akademiese gebied 'n sertifikaat en/of trofee ontvang het vir jou harde werk tydens ons Meriete prysuitdelingsaand in 2024. Julle fondasie is uitstekend gelê hier in Bakieland! Gaan maak ons trots by die hoërskole.   

Hieronder is ons uitsonderlike presteerders wat trofees ontvang het vir Akademie. Die toppresteerders vir sport en kultuur is onder die afsonderlike afdelings.    

 

     

     

      

 

      

 

                       

                 

          

   

          

        

  

         

     

 

       

      

        

           

 

   

 

   

                 

          

   

     

   

 

  

                          

AKADEMIESE PRESTEERDERS GR 6 2024

Baie geluk aan die Gr 6 leerders wat op Akademiese gebied 'n sertifikaat en/of trofee ontvang het vir jou harde werk tydens ons Akademiese prysuitdelingsaand in 2024.  Hieronder is ons uitsonderlike presteerders wat trofees ontvang het vir Akademie. Die toppresteerders vir sport en kultuur is onder die afsonderlike afdelings.    

                     

             

      

                     

  

 

          

 

          

 

                  

 

      

AKADEMIESE PRESTEERDERS GR 5 2024

Baie geluk aan die Gr. 5 leerders wat op Akademiesegebied 'n sertifikaat en/of trofee ontvang het vir jou harde werk tydens ons Akademiese prysuitdelingsaand in 2024. Hieronder is ons uitsonderlike presteerders wat trofees ontvang het vir Akademie. Die toppresteerders vir sport en kultuur is onder die afsonderlike afdelings.