Kom kyk waarmee hou moderne Bakie Voortrekkers hulle besig, waarom ‘n Voortrekker ‘n gelukkige kind is, met ABC-waardes: Christenskap, Burgerskap en Afrikanerskap.
Druk hier om te registreer vir 2025
https://registrasie.voortrekkers.co.za

Kom kyk waarmee hou moderne Bakie Voortrekkers hulle besig, waarom ‘n Voortrekker ‘n gelukkige kind is, met ABC-waardes: Christenskap, Burgerskap en Afrikanerskap.
Druk hier om te registreer vir 2025
https://registrasie.voortrekkers.co.za

Elke jaar het Bakies 'n massadeelname waarin alle leerders van Gr R - 7 mag deelneem. Dit is n spog optrede en ouers, grootouers, vriende en vyande kan nie wag om daarna te kom kyk nie. In 2015 hou ons Onniekonsert en gee die leerders n kans om die onnies te sien "perform". 2016 se optrede was gehou op 20 September en die tema was "Laat die wiele rol". In 2017 vat ons vir Walt Disney aan met 'n magiese "It's a kind of Magic tema! In 2018 doen ons die SKOOL MET DIE BESTE GEES en in 2019 Reik ons na die sterre!
In 2020 gaan ons weer 'n Onniekonsert hou.



Hulle praat ons van ons kop af, in die klas, op die stoepe, tydens pouses, maar ons hou van ons Babbelbekkies. Ons redenaars is hoog op ons lys van kultuur aktiwiteite en ons praat net so goed in Engels as in Afrikaans. Ons hou 'n Afrikaanse en Engelse Redenaars middag by die skool waar 'n wenner uit elke graad gekies word. Daarna gaan neem hulle deel aan die Super 8 en die kunswedstryde, Oppi Tong, ATKV en Radikale Redenaars.
Ons is algeheel tweede tydens die RMS Afrikaanse redenaars vir 2024.
Ons is algeheel tweede tydens die RMS Engelse redenaars vir 2024.


Kultuur by Laerskool Bakenkop is net so hoog op ons prestasielys as Sport en is ons trots op ons Kultuur. Ons bied kultuur aktiwiteite aan waar daar verseker iets is vir elke leerder om te kan deelneem. Ons kultuur uitslae is jaarliks van hoogstaande gehalte met kategorie wenners by verskillende feeste.
Ons kultuur aktiwiteite sluit in:
Sien onder elke afdeling hoe ons presteer het in 2024.
Ons het ook aan die einde van die jaar 'n Veelsydigste Kultuur Seun en Dogter wat ons aanwys wat aan die meeste kultuur aktiwiteite deelgeneem en presteer het. Dit is leerders van Gr 1 tot Gr 7. In 2024 is ons Veelsydigste Kultuur seun Logan Donaldson in Gr. 3 en ons Veelsydigste Kultuur Dogter is Karla Joubert in Gr 7.

Hou jy dalk van sing? Wat van dans? By ons Revues kan jy altwee doen. Die Jnr Revue bestaan uit Gr 1 - 4 leerders en ons Senior Revue uit Graad 5 -7 leerders. Voordat jy in die groep kan wees moet jy eers 'n oudisie doen. Jy hoef nie professioneel te kan sing of dans nie jy moet dit net kan geniet! Dit verg wel baie ure se oefeninge.
Oefeninge vind plaas op Maandae en Woensdae vir albei groepe.
Ons tree op by die Super 8, Kaleidoscope, SA Championships, Kunstfeeste, Tswane Youth Arts festivals. Ons is in 2024 deel van die finaal van die Kaleidoscope kompetisie in die Staatsteater waar ons 6de eindig van 67 spanne.

Bakies neem elke jaar deel aan die plaaslike kunswedstryde soos Eistedfodd, Kraalkunstefees en Centurion kunstefees. Hier wys ons ons talent in sing, spraak, drama en kuns. Ons lewer elke jaar kategoriëe wenners op. In 2016 het ons 9 kategoriewenners by die Centurion Kunstefees. By die Kraalkunstefees verwerf ons 16 ligte liedjie leerders 14 A++, 12 A+ en 3 A's.
Ons lewer 3 kategorie wenners by die Centurion Kunstefees op in 2017 waarvan ons jongste net in Gr R is.
Hier is van ons skuldenaars vir 2017
Notepret aande by ons skool is presies waaroor dit gaan. Dis prêt wat saam met note gepaard gaan. Dit word gewoonlik in die begin van die 2de kwartaal gehou want dan het ons Kore tyd gehad om te oefen en kan hulle kom spog die aand. Ons nuwe Graad 4 ligte liedjie leerders tree ook die aand vir die eerste keer op met "backtrack" en al.
.
RMS Kore 2024 - ALBEI KORE WEN???
Ons wen nie net die Juniorkoor op 1 Junie 2024 nie maar ook die Seniorkoor afdeling.
Ons Seniorkoor wen die Kraal Kunstefees met n A++ en is ook die alghele wenners van die senior afdeling in 2024.
Baie geluk julle nagtegale! Baie dankie aan Juf Lientjie Sothman wat die Juniorkoor afrig en Mnr Anton Pottas wat die Seniorkoor afrig.
Groot dank ook aan ons eie personeel wat agter die skerms werk met al die reëlings en admin!
Ons sien uit na die res van julle optredes by vanjaar se optredes.
Ons Junior koor bestaan uit Gr 1 - 3 leerders en die Senior koor uit Gr 4 - 7 leerders. Vir beide kore moet jy gekeur word. Die keuring is streng en word bepaal deur die leerder wat ‘n suiwer stem en goeie musikale oor het. Ons werk baie aan stembou en gehoor. Vanaf September 2018 word ons Seniorkoor begelei deur die welbekende Mnr Anton Pottas! Albei kore bestaan uit +70 lede
Daar neem deel aan kunswedstryde en tree ook op by die Staatsteater. Hulle word ook gereëld gevra om by kerke en kermisse op te tree.
Sing is die leerders se passie en hulle gaan sing-sing deur die skool!
Leerders word aan die einde van Graad 3 gekeur om aan die aktiwiteit deel te neem. Die gekeurde leerders neem dan deel aan die kunswedstryde soos Kraalkunstefees, Eistedfodd, Artistikulta en ander "Idols" en sang kompetisies. Die kinders sing met 'n "backtrack".
Sang oefeninge vind plaas op Maandae en Vrydae by die skool, alhoewel daar ook privaat sanglesse plaasvind. Aan die einde van die jaar word daar tydens die meriete prysuitdeling 'n "Beste ligte liedjie" aangekondig.
Oor die afgelope paar jare wen ons baie van die kompetisies in die verskillende kompetisies. Tans vir 2024 spog ons soos volg:
