Ons skool was bevoorreg om gekies te word vir 'n uitsending op KYKNET kanaal 144 se Skole Top 10 nie net in 2015 nie maar ook weer in 2022. Ons het genoeg om mee te spog want ons het groot name in ons skool gehad soos Reynhardt Hugo, Koos du Plessis wat ons skoollied geskryf, Natasha Joubert wat tans Mej Suid Afrika is, en oud Protea netbalspeler Simoné Rabie.