TENNIS

Ons wen die RMS reeks in 2024

Baie geluk aan die volgende vier leerders wat die RMS beker huistoe bring vir 2024:

  • Carmen Hugo
  • Annaleen Meissner
  • Rudi Viljoen
  • Johannes Trystman

Tennis vorm deel van een van die gewildste sportsoorte wat by Laerskool Bakenkop aangebied word. Dit is ‘n somersport wat egter reeds in die derde kwartaal aangebied word. 

Uitslae van die liga getuig van ywer en goeie sportmansgees. Buiten vir die liga word jaarlikse Tennis Kampioenskappe ook gespeel. Tennis Rondomtalies word in die 4de kwartaal gespeel. Professionele afrigting word afgerig deur Andri Tiran by ons skool. Daar word voortdurend gepoog om ervare tennisspelers in ons gemeenskap te nader om betrokke te raak by die afrigting van die skool se spanne. 

Ligawedstryde
 vind gedurende die derde kwartaal op Maandae plaas.