Top 10 Akademiese Presteerders – 4de Kwartaal 2025
Elke kwartaal word ons Top 10 Akademiese Presteerders aangewys, en saam met dié besondere eer ontvang elke leerder ook ’n Top 10-balkie. Hierdie balkies is veel meer as net ’n kenteken – dit is ’n viering van toewyding, harde werk en volgehoue deursettingsvermoë. Dit dien ook as inspirasie vir ander leerders om hul eie akademiese hoogtes te bereik.
By Bakies is ons ongelooflik trots op die “Einsteins” wat ons jaar na jaar kweek en uiteindelik hoërskool toe stuur. Dit is leerders wat nie net na uitnemendheid streef nie, maar ook rolmodelle is vir hul portuurgroep – bewys dat sukses spruit uit volharding, passie en ’n liefde vir leer.
Baie geluk aan ons Top 10 van die 4de kwartaal van 2025! Julle maak ons skool trots, en julle harde werk dra vrugte. Hou aan skitter!

