TOP 10 AKADEMIES

 Top 10 Akademiese Presteerders – 2de Kwartaal 2025 

Elke kwartaal word die Top 10 Akademiese Presteerders aangewys, en saam met dié eer ontvang elke leerder ook ‘n Top 10-balkie. Hierdie balkies is nie net ‘n simbool van harde werk en deursettingsvermoë nie, maar ook ‘n motivering vir ander om hul akademiese potensiaal ten volle te bereik.

Ons is uiters trots op die "Einsteins" wat ons by Bakies kweek en uiteindelik hoërskool toe stuur – leerders wat nie net akademiese uitnemendheid nastreef nie, maar ook ‘n voorbeeld vir hul portuurgroep stel.