BYBEL KUIERS VIR LEERDERS

Bybel kuier by Bakies gebeur elke Woensdag. Eerste pouse vir die seniors en tweede pouse vir die juniors in die saal.

Ons omgee agente verreik die maats geestelik deur ‘n Bybel les en gebed. Op ‘n pret manier leer hulle saam hulle maats meer oor die Bybel. Massa’s maats stroom pouses in en daarom is die rol van ‘n omgee agent baie belangrik. Hulle bid saam ons by die huis vir die leerders en verloop van die les.

Tydens pouses help hulle groepies leerders met die les. Hulle is ook rolmodelle in die skool. Leerders gesels gemaklik met hulle oor wat dalk pla in hulle harte. Hulle dien die Bakies by Bybel kuier en hulle help ook uit by verskeie skool georïenteerde geleenthede. Hulle werk nou saam met ons Berader Mev Merise Panter wat ook bekend staan as die hartjie tannie.

Ons omgee agente vir 2025 is:

  • Donovin van der Sandt
  • Mieke du Preez
  • Ashley Blignaut
  • Moya Kruger
  • Helene Jooste
  • Miqael Maritz
  • Genette Havenga
  • Mikayla Viljoen
  • AJ van Jaarsveld
  • Eljoné Smit
  • Leanke Nel

Ons het ook 'n Bakie Bid Briefie Boks waarin leerders 'n briefie kan gaan gooi oor enige iets wat hulle pla. Die boks word deur die hartjie tannie hanteer en die nodige hulp word dan verleen.