PA EN SEUN TENT AAND - 9 NOV 2018

Voor die jaar einde toe staan was dit nodig dat Pa en sy seun (of oupa of oom saam 'n  Bakie seun) tyd spandeer sonder vrouens wat kekkel in hulle ore! Die beste manier om dit te doen is 'n uitslaap aand ....op Bakie grond! Dit word gereel en 125 tente word opgeslaan op ons rugbyvelde! Spanbou speletjies word gespeel waar pa se fiksheid getoets word,  hardekole word gebraai en dan sluit hulle die aand af met 'n heerlike drum sessie wat die hele Centurion kan hoor! Elke seun kry sy eie flits as geskenk en daar word min geslaap.....maar alles die moeite werd!

MANNE DIS N VORRREG OM 'N BAKIE SEUN TE WEES! 

web