BLITZI BOETIEK

Op 1 Des 2022 open ons ons eie Blitzi Boetiek. Al ons sportdrag, kouse, Gr RR en R hempies, Bakie Bersies en ander oulike Bakie goodies word hier verkoop. As die nood druk en jy nie nuwe klere vir jou kind kan koop nie, kom besoek gerus ons Blitzi Boetiek by die skool. Dis waar jy goeie tweede handse klere kan kom koop. Daar is tot 'n aantrek hokkie waar jy veilig agter 'n toe gordyn kan klere aanpas. Tannie Annelie van Wyk doen baie moeite met die versorging van die klere en boetiek. Skakel haar gerus as jy klere benodig. Die ou voorraad klere wat ons nie wil aanhou nie skenk ons graag vir Laerskool Booyens. Ouers word versoek om die voorgeskrewe skooldrag by die skool se amptelike leweransiers te koop. Dit verseker eenvormigheid en bied 'n beter beeld vir die skool. Die leweransiers verseker u van die absolute kwaliteit wat die skoolklere betref. Nuwe leerders kry drie weke geleentheid om skooldrag aan te skaf.Ons Blitzi's het ook 'n "baba" gekry en ons nuwe baba Blitzimpi's is baie populer!

Druk hier vir ons kleredrag

 boetiek

boetiek 1  

  

blitzimpis

Blitzi boetiek nuut        Wierdapark uitrusters nuut      wear to school