HULLE IS HIER

Bakies het sy eie 2 gelukbringers…Die Blitzi's. Blitzi is van die planeet Bakelonia. 'n Blitzi is nie 'n seuntjie of 'n dogtertjie nie maar sommer net 'n Besige Bakie Blitzi. Die Blitzi's is orals te sien in Bakies. Ons eie Tattoo oom, Pieter Koen het die Blitzi liedjie vir ons opgeneem en was daar toe die 2 Blitz's vir die eerste keer hulle verskyning gemaak het aan die leerders van Laerskool Bakenkop, kompleet uit 'n helikopter geland.  Die Blitzi's is baie gewild en word selfs na die Hoërskole toe genooi om saam met hulle in optogte deel te neem. Selfs die Bulletjie van die Blou Bulle was daar toe die Blitzi's hulle eerste verjaarsdag gevier het by die Spur. Lollos kon ook nie vir die Blitzi's uitlos toe hulle in Centurion was nie. Hulle gaan kuier graag vir kleuterskool maatjies.  Op 25 Okt 2016 vier ons hulle 5de verjaarsdag by die Kiowa Spur en die Spur bars uit sy nate. Op 10 Mei 2019 verjaar Laerskool Wierdapark se Wierie en ons Blitzi's maak vir hom sy eie Wierie koek! Almal is sooo lief vir ons Blitzi's.  In die week van 22 Okt 2021 vier ons die Blitzi's se 10de verjaarsdag.  

Druk op die You Tube Videos om te sien wat ons Blitzi's alles aanvang. 

https://www.youtube.com/watch?v=8pJKZ-rxdZM

https://www.youtube.com/watch?v=25d4zCVfl0k&t=9s

 

 

PhotoCollage 20190703 152622355IMG 20190509 WA0024

 Pieter en blitzi FB     10de verjaarsdag

 DSC 0761