REDENAARS

 

Hulle praat ons van ons kop af, in die klas, op die stoepe, tydens pouses, maar ons hou van ons Babbelbekkies. Ons redenaars is hoog op ons lys van kultuur aktiwiteite en ons praat net so goed in Engels as in Afrikaans. Ons hou 'n Afrikaanse en Engelse Redenaars middag by die skool waar 'n wenner uit elke graad gekies word. Daarna gaan neem hulle deel aan die Super 8 en die kunswedstryde, Oppi Tong en Radikale Redenaars. In 2018 behaal ons 'n 1st, 2de en 3de plekke op indivuduele vlak by die Super 8 en is algeheel 2de! In 2019 wen ons die Super 8 Engelse Redenaars.

2019 Prestasies! 

  • Chane van Rooyen wen by die Artistikulta se Nasionale  Redenaars vir Afrikaans Eksperimenteel Gr 5 - 6.
  • Monica Swart is 3de by dieselfde kompetisie vir onvoorbereide lees in Afr en 5de in Engels. 
  • Ons Gr 6 groep is ook by die kompetisie 3de in die Eksperimentele kategorie! 
  • Lana van Schalkwyk is die Algehele wenner vir Prosa Lees ook by die Artistikulta se Nasionale  Redenaars

 redenaars

 Monica Swart, Lana van Schalkwyk en Chané van Rooyen

redenaars 1