ERKENNING VIR AKADEMIESE PRESTASIES

Aan die einde van die jaar kry leerders die nodige erkenning vir Akademiese Prestasies. Buiten vir die Silwer of Goue Sertifikate wat elke leerder ontvang vir 'n besondere prestasie in 'n vak word daar ook uitsonderlike toekennings toegeken.  In die Junior Fase - Gr 1 - 3 word daar leerders aangewys vir die volgende prestasies:

  • Beste Leser per klas
  • Beste Leser in die Graad
  • Beste Algemene Kennis in die Graad
  • Beste Wiskunde Prestasie in die Graad 

In Gr 4 - 7 kry elke leerder ook 'n silwer of goue sertifikaat vir n besondere prestasie behaal. Die volgende uitsonderlike prestasies word ook toegeken:

  • Top prestasie per vak
  • Beste Leser in die Graad
  • Beste Algemene Kennis
  • Beste Akademiese Presteerder in die Graad
  • Akademiese Kleure (Gr 4 - 7)
  • Akademiese Ere-kleure (Slegs Gr 6 en 7) 
  • ATKV Prestige Penning vir Afrikaans (Slegs Gr 7)
  • Kultuurpenning van die Sytze Wierda Voortrekkers (Slegs Gr 7)
  • Sportdogter en Seun (Slegs Gr7)
  • Meesveelsydigste Kultuur Leerder (Slegs Gr 7)
  • Mees veelsydigste seun en dogter (Slegs Gr 7)
  • Beste Prestasie in Praktiese Kuns (Slegs Gr 7)
  • Dux Leerder (Slegs Gr 7) 

Ons Akademiese Presteerders behaal dieselfde prestasies in die Hoërskole wat 'n bewys is van ons hoë standaard onderwys in Laerskool Bakenkop

 

 

1488091 10153030862707811 5189857263762672421 n      10511370 10153034128167811 5458817809501447331 n     12107828 10153030860067811 4057219642002687767 n       facebook-20151021-054021    facebook-20151028-203339