DISSIPLINE STELSEL - OORTREDINGS

Druk hier om die gedragskode van die leerders af te laai

DISSIPLINE STELSEL  -  OORTREDINGS

 

A  =  AKADEMIESE OORTREDINGS WORD U DADELIK GESKAKEL.

B  =  GEDRAG OORTREDINGS

Die A en B-dissiplinestelsel is nou gerekenariseer, alhoewel daar punte toekennings by elke oortreding is, sal die ernstigheid van die oortredings bestuur word deur middel van die volgende kommunikasie aan ouers/voogde.

  

BRIEF 1         -               Na 50 punte per kwartaal

Klasonderwyser stuur brief huis toe waarop ouer reageer met skeurstrokie

BRIEF 2         -               Na ‘n verdere 50 punte of direkte 100.

Oueronderhoud of telefonies met Mnr Disney Evans. 

BRIEF 3         -              Na ‘n verdere 50 punte

Oueronderhoud met Mnr. W.J. Fourie.

BRIEF 4         -              Na ‘n verdere 50 punte

Ouers en leerder sal voor Beheerliggaam moet verskyn.

Hoop dat ouers/voogde die personeel se hande sal versterk en daadwerklik sal help dat ons die probleme so gou as moontlik oplos, om verdere briewe te vermy.