facebook-iconlinkedin-icontwitter-iconyoutube-icon

Die merietestelsel is 'n aanvulling tot die gedragskode van die skool.
Die toepassing van die merietestelsel het ontstaan uit die gedagte om leerders se goeie gedrag aan te moedig en te beloon. Voorts is verwag die positiewe benadering ook positiewe verhoudinge tussen personeel en leerders en tussen leerders onderling sal bevorder. Die merietestelsel dra ook by tot die keuse wat 'n kind maak dat hy 'n meriete vir 'n optrede kan kry, wat positief is, of dat hy 'n negatiewe gedragskode kan kry.

Die merietestelsel werk veral vir die kleiner Gr. R - Gr. 5 leerder goed tot baie goed. Elke leerder kry 'n gesindheidskaart. Die graad 6 en 7-personeel gee ook aan hul merietes. Die groter leerders het al geleer dat positiewe gedrag vir hom/haar voordeel inhou. Die graad 6-leerders word ingedeel in werkgroepe, om hul ontluikende abstrakte denke te stimuleer, hul leefwêreld te verruim en nuwe ervarings op hul lewenspad te bring. Die graad 7-leerders het normaalweg 'n besige skoolprogram waarby hul kan inskakel, hul word as leiers verkies, kan op eie keuse aansoek doen om as 'n Bakiejollers gekies te word en is die "groot kinders" van die skool. Die akademiese program fokus ook op abstrakte denke en voorbereiding vir hul hoërskooljare wat voorlê.

Twee tot drie keer per kwartaal roep die Hoof die leerders vir merietes. Die Hoof stempel die leerders se gesindheidskaart en gee aan hulle 'n verrassing.  
Merietes word onder Bakiestergedrag in huiswerkboek aangeteken.

IMG 6827      IMG 6830     IMG 6833


  1. NUUT
  2. KOLLIG
  3. POPULER
GR 6 SPEKBOOM UITDAGING 2020
spekboomJuf Elmarie het dit goedgedink om die Gr 6 leerders se NW klaswerk wat huidiglik gaan oor plante en lug te koppel aan die Spekboom uitdaging van 2020 . Elke leerder het 'n spekboom geplant in 'n...
Lees verder...
GR.1 SE EERSTE DAG 2020
Gr 1 eerste dagDie opgewondenheid ken geen perke nie! Hulle slaap niks die vorige aand nie en daag by die skool op saam met al hulle geliefdes! Dis 'n voorreg om 'n Bakie te wees!
ADVERTERING OPSIES
beter besteDaar is geleentheid vir besighede om hulle produk by ons skool te bemark. Kliek op die skakel om die opsies te sien vir 2020.
GR R PUTT PUTT BAAN
IMG 5939Daar is nie nog so 'n cool plek om by te wees soos by Gr R in Bakieland nie! Ons het ook in Junie 2015 ons eie putt putt baan vir die Gr R leerders gebou! Dit bevorder natuurlik groot en klein...
Lees verder...
GESINSAKTIWITEITE
ma dogter potOp 19 Maart 2020 gaan ons Lion King onder die sterre kyk as familie! Groot sukses word behaal met ouer en kind aktiwiteite. Aandag word geskenk aan Pa en Seun verhouding wat deurlopend geoefen...
Lees verder...
HULLE IS HIER
PhotoCollage 20190703 152622355Bakies het sy eie 2 gelukbringers…Die Blitzi's. Blitzi is van die planeet Bakelonia. 'n Blitzi is nie 'n seuntjie of 'n dogtertjie nie maar sommer net 'n Besige Bakie Blitzi. Die Blitzi's is orals...
Lees verder...
PERSONEEL 2020
Laerskool Bakenkop is baie trots op hulle bekwame en opgeleide personeel op alle terreine. Hulle doen hulle werk met passie, trots en ywer! Elke leerder is vir hulle spesiaal. Kliek hier vir die...
Lees verder...
SKOOLGELDE EN BANKBESONDERHEDE
Die skool en naskoolgeld vir 2020 was vasgestel op die Algemene Ouervergadering van 16 Oktober 2019. Druk hier om die skoolfooie en naskoolgelde vir 2020 te sien. Die bankbesonderhede is soos...
Lees verder...
GR 7 KERKDIENS 2018
Download Name Play Track 1