Wat sê ons ouers - Laerskool Bakenkop

Go to content

Main menu

Wat sê ons ouers

Bakies > Ouersake
 
 

WAT SÊ VAN ONS OUERS OOR BAKENKOP?


"Is al 7 jaar  by die skool, ‘n puik skool met goeie standaarde waardes en dissipline."
"Raad aan ouers, raak betrokke en wees deel van ‘n wonderlike skool familie."  
"Sal nie beter kry nie!"
"Die klein-skool idee was van die begin af vir ons aanloklik . Die feit dat almal mekaar ken laat ons tuis voel. Die kinders kan aan alles deelneem, want hulle weet hulle is  belangrikl"
"Niemand voel of hulle nie goed genoeg is nie, want almal  voel deel van alles."
"Die onnies se harte klop warm vir die kinders."
"Min laerskole het so ‘n puik kultuur."
"Die onderwysers gee regtig om vir die kinders en betrek jou direk as daar ‘n probleem is en probeer regtig help waar hulle kan."  


Spogbrief oor ons skool
lees gerus

 
 

Ouer gebedsgroep

Bakies se ouers het 'n gebedsgroep wat elke Donderdag oggend om 7:30 in die onthaalsaal bymekaar kom. Hulle bid vir hulle kinderders, vir die skool, hulle omgewing en land. Die ouers bederf ook  die personeel elke einde van die kwartaal.  Daar is ook 'n posbus by die skool opgerig waar enige iemand welkom is om 'n spesiale versoek te rig en waar daar in gebed ingetree word vir die mense.    


 
Back to content | Back to main menu