Main menu
Bakies het sy eie gelukbringer
Blitzi. Blitzi is van die planeet Bakelonia. Blitzi is nie 'n seuntjie of 'n dogtertjie nie maar sommer net 'n Besige Bakie Blitzi. Blitzi is orals te sien in Bakies. As daar kultuur is, is daar 'n kultuur Blitzi. As daar krieket is, is daar 'n krieket Blitzi. |
Blitzi is ook blitsvinnig in Bakieland en op 21 April 2011 het ons 2 regte egte Bakie Blitzi's gekry wat in 'n helikopter op ons sportveld kom land het. |
Oom Pieter Koen het ook self ons eie Blitzi liedjie vir ons opgeneem en ons speel die lied elke keer as die Blitzi's kom kuier. Ons is almal baie lief vir Blitzi!!!
|