Laerskool Bakenkop

Tennis


Tennis vorm deel van een van die gewildste sportsoorte wat by Laerskool Bakenkop aangebied word. Dit is ‘n somersport wat egter reeds in die derde kwartaal aangebied word. Daar is tans slegs twee seunsspanne en daar word hard gepoog om die dogters meer te betrek.

Uitslae van die liga getuig van ywer en goeie sportmansgees. Professionele afrigting word sterk aanbeveel aangesien die kompetisie baie sterk is. Daar word voortdurend gepoog om ervare tennisspelers in ons gemeenskap te nader om betrokke te raak by die afrigting van die skool se spanne.

Ligawedstryde vind gedurende die derde kwartaal op Maandae plaas.