
Netbal
Carmen Steenkamp is as die beste netball speelster vir 2010 benoem.
Netbal 2010
Netbal by Laerskool Bakenkop word met passie afgerig deur elke afrigter sodat ons spanne goed kan presteer. Elke afrigter is gekwalifiseerd en word jaarliks gegradeer, sodat ons op hoogte is van alle reëls en regulasies. Afrigting geskied Christosentries en met respek.
Netbal is op ons sportgebied ons trots, want hier speel ons soos trotse Bakies met alles wat ons kan gee. Hier gaan dit nie oor wen of verloor nie. Hier gaan dit oor dogters wat netbal moet geniet en in span verband kan ontwikkel tot die beste van haar vermoë.
Ons het ook mini-netbal ( 0/7 – 0/9) waar hierdie dogters vaardighede ontwikkel en sommer lekker speel.
Ons senior spanne is die 0/10 – 0/13 dogters. Sommige spanne het tot ‘n C en D span. Hier is dus plek vir elke speler wat graag netbal wil speel.
- Oefentye is Dinsdae en Donderdae vanaf 13:30 – 15:00
- Ons begin reeds Donderdag 11 Februarie 2010.
Ons nooi alle Bakie dogters uit om hierdie jaar netbal te kom speel. By ons is daar nie so ‘n ding soos "Ek kan nie." Ons gaan lekker saam speel en spangees ontwikkel, asook deursettingsvermoë en ‘n hele klomp netbaltegnieke. Die netbaldogters gaan sommer baie lekker pret hê hierdie seisoen.
Ons netbalprogram sal binnekort vir die dogters deurgegee word en ook op die webwerf verskyn.
Ons sien daarna uit om hierdie jaar sommer ‘n hele klomp netbal spanne te maak.
Kom geniet dit saam met ons.
Netbal groete,
Mev. Chanel Gouws



