
Hokkie
0/12 Hokkie Bokkies
Laerskool Bakenkop is baie trots op die 0/12 Hokkie dogters. Hulle het baie hard geoefen die seisoen en kon hulle die vrugte pluk van al hierdie harde werk deur 2de in die liga te eindig. Hulle het 6 wedstryde gespeel waarvan hulle 3 gewen en 3 verloor het.
Dominique Terblanche is aangewys as die hokkie dogter met die beste ontwikkeling. Simone Rabie en Liesel-Marie Bouwer is aangewys as die beste 0/12 hokkie spelers.
Juf. Chanel is baie trots op hierdie dogters en kan net sê dat julle dogters die hokkiespan is met die beste GEES!!
“Fly like a butterfly. Sting like a bee.”
