facebook-iconlinkedin-icontwitter-iconyoutube-icon

Alhoewel Gholf nie 'n sport aktiwiteit is wat aangebied word nie het ons nogsteeds Gholfspelers en daarom neem ons deel aan die Super 8 Gholfdag. 2016 se Super 8 was 'n baie geslaagde dag. 

Bernard Dorfling eindig algeheel 2de as individueel en die Bakies eindig ook 2de.    IMG 20161020 WA0007    Benhard Dorfling

 

Wil jy graag by Laerskool Bakenkop skoolgaan? Nou maak 'n skyf! Ons neem skaak tot 'n volgende vlak en bied dit ook in "grootmaat" aan. Leerders kan pouse lekker saamspeel terwyl die ander leerders sit/staan en kyk met ons groot skaakblad op die speelterrein. Daar is Junior en Seniorspanne. Ons neem deel aan ligas asook Super 8! Net so....skaakmat!

IMG 4117   IMG 4096   skaak 1   skaak 2

In Bakieland het ons plek vir laaangasems ook! Hulle oefen eintlik die hele jaar anders raak daardie asempies kort! Ons neem deel aan ligas asook die Super 8 reeks. Verkseie leerders het al Gauteng Noord klere verwerf in die verlede. In 2016 verwerf Christian Greyling toe in Gr 3 sy Gauteng klere en neem deel aan SA's in Sep 2016. In 2017 Christian en Janika Louw hulle Gauteng Noord kleure en kwalifiseer om aan die SA's te gaan deelneem in September 2017. By die Super 8 landloop 2017 behaal ons 2x 1ste, 1x 2de en en 1 x 3de plekke! 

 

 

Christian Greyling en Janika Louw wat aan die SA's gaan deelneem in September 2017. Christian het 'n 9de plek verower!! 

IMG 3549

 

ONS LANGASEMS WAT PLEKKE GEKRY HET BY DIE SUPER 8 IN 2017. 

IMG 2972

 

  christaan 2landloop 1   landloop

ONS 0/10 DOGTERS EINDIG 3DE IN DIE SUPER 8 REEKS VIR 2017

Hokkie word vir seuns en dogters aangebied in die derde kwartaal vanaf 0/10 tot 0/13. 2 Seuns het in 2014 GN kleure verwerf.  Tony Abrahams en Mia van Rooyen is ingesluit die Gauteng Noord groep vir 2017. Mini Hokkie is vir dogters vanaf Gr 1 - 3 en feestoernooie word op Saterdae gespeel. Die 0/11 en 0/13 dogters toer in Julie maande.                             

 

MIA VAN ROOYEN EN TONY ABRAHAMS ONS GAUTENG NOORD SPELERS VIR 2017

DSC 0138

 

 web4     mini hokkie seuns    hok mei    hok mei2    hok 1      hok2

                 

Jacques Swanepoel en Merie Moore verwerf Gauteng kleure in Boogskiet vir 2017. 

 

IMG 4620

              

 

Boogskiet is 'n nuwe sportsoort by Laerskool Bakenkop vanaf 2014 .Ons het 7 spelers wat Gauteng klere verwerf in 2016. Ons Juniorspan is die Gauteng kampioenne vir 2016. By die NASP Copwatch Liga op 6 Mei 2017 wen ons 1st plek van die Junior spanne. Merie Moore in Gr R7 skiet ‘n wenplek vir Junior dogters en Jacques Swanepoel ook in GR 7 skiet ‘n Derde plek vir Junior seuns.

Op 24 Junie 2017 behaal ons 'n 2de plek by die Interskole kompetisie. By die Gauteng Provinsiale kompetisie skiet Merie Moore ‘n pragtige Silwer medalje los vir Junior Dogter skut. Baie Geluk Merie!

In 2016 skiet Ruan Joubert sy beste telling by die Gauteng Kampioenskappe met 287/300. Hiermee wen hy die SA Laerskool kampioene asook algehele eerste plek van al die Junior en Senior skuts.

Boogskiet oef vind op Maande plaas en kompetisies geskied op Saterdae.

 

IMG 0572

 

 

                10250221 10203027265916604 5327194408672984894 n     IMG 9420          

 

         

 

ONS IS 2DE IN DIE SUPER 8 VIR 2017

JUK1

 

 

 

 Dis 'n mik, korrel, gorrel en 'n gooi....dit is 'n pen....dit is Jukskei!  Ons het 'n baie goeie 2016 gehad in dié sport. Ons 0/13 Seuns B span wen die liga in 2016 en die A span eindig 2de. Die dogters spanne behaal 3de plekke. 7 Leerders is gekies vir die Gauteng-Noord se spanne  Tiaan Behr word gekies vir die Uitnodigings span wat JSA gaan verteenwoordig het in die Namibiese Jukskei Kampioenskappe te Windhoek. Hy was toe ook gekies vir Internationale Jukskei vereniging span wat in 'n vertoonwedstryd moes speel. Hier wen hy ‘n goue medalje. Jukskei word in die 3de kwartaal beoefen.  

   

            JUK WEBB               JUK WEBBBB     JUK WEBBBB     JUK WEB      JUK WEB 3

     

 

ONS O/13 KRIEKETSPAN EINDIG 3DE IN DIE SUPER 8 REEKS VIR 2017

3DE SUPER 8

Krieket by Laerskool Bakenkop moet nie onderskat word nie! Ons het tot 3 dogters wat al krieket speel waarvan die jongste in GR R is. Mienke de Jager 'n dogter in die 0/12 span  het reeds sedert 2014 die trofee ontvang vir die beste veldwerker in haar ouderdomsgroep! Die 0/11 en 0/13 spanne gaan toer elke jaar. Ons het ook vir die afgelope 4 jaar 'n klomp seuns wat aan Binnenhuise krieket deelneem en SA kleure hiervoor ontvang het. Pieter Joubert en Waldo Noeth was ook al onderskeidelik die Kapteine van die SA spanne. Jeandre Phister behaal ook die SA span in 2016. 

Krieketseisoen vind plaas in die derde kwartaal. Spanne wat deelneem is as volg: 0/10, 0/11, 0/12 EN 0/13. 

Bev krieket (Mini-krieket) is vir alle Gr R tot GR 2 leerders. Dit vind in die derde kwartaal plaas en strek tot in die vierde kwartaal. Oefentye is Woensdae 17:00 - 18:00 en Saterdae speel hulle wedstryde!

Graad 0 / O/6 seuns
Graad 1 / O/7 seuns
Graad 2 / O/8 seuns
Ons oefen gewoonlik op Woensdae vanaf 17:00 - 18:15

Wedstryde vind op Saterdae plaas. 

Die ouers van die mini-krieketspelers speel 'n belangrike rol. Sonder die ouers is mini-krieket nie moontlik nie. Ons ouers is ook afrigters!

ONS GR R DOGTER IN AKSIE OP DIE KRIEKET VELD IN 2017

MINI KRIEKET WEB

 

ONS GN BINNENHUISE KRIEKET SPELERS VIR 2017

 

IMG 0116

 

          MINI KRIEK 17          WEB 1           WEB 2      WEB 1     

    

               

 

   

ALLES IN DIE LEWE HET 'N DOEL....VERAL NETBAL

 

Simoné Rabie, oud Bakie van 2010 is gekies vir die SA netbalspan 0/21 in 2016/2017.  

0/12 A span eindig 2de in Super 8 vir 2017

 

Netbal word in die 2de kwartaal aangebied by Laerskool Bakenkop. Ons afrigters word jaarliks ge-gradueer en in 2017 is daar 7 afrigters met 'n Vlak 1 netbal kwalifikasie. 

Dit word in 3 groepe hanteer , naamlik Blitzie netbal, Mini-netbal en Senior netbal.

Blitzie-netbal vir Gr. R het ten doel om so veel moontlik Gr. R dogtertjies bekend te stel aan netbal en waar ons vaardighede aanmoedig.Mini Netbal is vir Gr 1 - 3  Mini Netbal wedstryde word vriendskaplik gespeel terwyl liga wedstryde vanaf 0/10 - 0/13 plaasvind. Ons 0/12 en 0/13 spelers kry ook die geleentheid om aan die Gauteng Noord kampioenskappe deel te neem. In 2017 dring Mienke de Jager deur tot die finale rondte van die GN proewe.

Ons neem ook deel aan die Super 8 reeks  Proewe vir die ligaspanne word reeds al in Okt gedoen om die daaropvolgende jaar se spanne te kies. Daar word meestal 3 spanne per ouderdomsgroep gekies. Die A en B spanne gaan ook op netbal kursusse/toere by Raloka, Camp Discovery en Konga. 2017 se toer vind plaas op 10 - 12 Maart by Camp Discovery en al die spelers kom terug met baie kennis en is reg vir die liga wat in die 2de kwartaal voorlê.   

 

netbal web mini netbal 17      netbal 17            web                                                                                                                      

 

               

 

                      

Ons het ook Bulletjie Rugby ( 0/6 - 0/8) waar hierdie seuns vaardighede ontwikkel en sommer lekker speel. Dit vind in die 2de kwartaal plaas op Maandae en Woensdae van 17:00 - 18:00. Wedstryde word gespeel op Saterdae en daar is selfs 'n Bulletjie dag op Loftus. Pappas wat wil betrokke raak by die afrigting kan vir Mnr Albert Korf skakel by die skool.  

       IMG-20160606-WA012                 D4 4113   D4 4352   D4 4356     D4 4866

 

 

 

ONS 0/9 SPAN EINDIG 3DE IN DIE SUPER 8 VIR 2017. 

 

super 8 3de

 

Rugby by Laerskool Bakenkop word met passie afgerig deur elke afrigter sodat ons spanne goed kan presteer. Liga wedstryde vind plaas van 0/9 af. Elke afrigter is gekwalifiseerd en word jaarliks gegradeer, sodat ons op hoogte is van alle reëls en regulasies. Afrigting geskied Christosentries en met respek. Rugby is op ons sportgebied ons trots, want hier speel ons soos trotse Bakies met alles wat ons kan gee. Ons neem ook deel aan die Super 8 reeks.  In 2014 en 2015 het ons 3 seuns wat gekies word vir die Bloubulle span. 

0/10 -0/10 spanne het 'n Rugby kliniek aan in die April vakansie van 2017 terwyl ons 0/11 en 0/13 seuns gaan toer na Jubaweni toe. Alles om ons voor te berei vir die ligawedstryde in die 2de kwartaal. 

     rug 117     rugby 2 2016    rugby 4     rugby 3 2016   

 

 

 

 

  1. NUUT
  2. KOLLIG
  3. POPULER
ONS NUWE WISKUNDE TRAPPE
trappe 1Alles gebeur altyd eerste by Laerskool Bakenkop. Ons leer ons Juniors van Wiskunde op 'n maklike manier. Ons trappe by die Junior blokke word "wiskundig geteël. Dis so populer op Sosiale Media dat...
Lees verder...
GHOLF
IMG 20161020 WA0007Alhoewel Gholf nie 'n sport aktiwiteit is wat aangebied word nie het ons nogsteeds Gholfspelers en daarom neem ons deel aan die Super 8 Gholfdag. 2016 se Super 8 was 'n baie geslaagde dag. Bernard...
Lees verder...
FLIEK AAND ONDER DIE STERRE
fliek heiOp 18 Nov 2016 hou ons 'n nuwe gesinsaktiwiteit en wat is nou lekkerder as om dit te doen onder sterre, op 'n kombers, met Popcorn en 'n Slushpuppy. Ons het 'n groot skerm van 9m x 7m op die...
Lees verder...
GR R PUTT PUTT BAAN
IMG 5939Daar is nie nog so 'n cool plek om by te wees soos by Gr R in Bakieland nie! Ons het ook in Junie 2015 ons eie putt putt baan vir die Gr R leerders gebou! Dit bevorder natuurlik groot en klein...
Lees verder...
GESINSAKTIWITEITE
KOERANT 2Groot sukses word behaal met ouer en kind aktiwiteite. Daar is Pa-en seun oorslaap aande en Ma en dogter kuiers. Aandag word geskenk aan Pa en Seun verhouding wat deurlopend geoefen word deur...
Lees verder...
HULLE IS HIER
DSC 0930Bakies het sy eie 2 gelukbringers…Blitzi. Blitzi is van die planeet Bakelonia. Blitzi is nie 'n seuntjie of 'n dogtertjie nie maar sommer net 'n Besige Bakie Blitzi. Blitzi is orals te sien in...
Lees verder...
PERSONEEL 2017
Bestuurspan 2017 Mnr Willie Fourie Hoof Mnr Chris Henrico Mev Marika van Wyk Mev Sharon du Plessis Mev Ilse Grobbelaar Mnr Albert Korf Mev Liezl Walters van Jaarsveld Mev Izett Grimsell Mnr Sias...
Lees verder...
SKOOLGELDE EN BANKBESONDERHEDE
Die skoolgelde vir 2017 is vasgestel op die Algemene Ouervergadering op 18 Oktober 2016. Druk hier om die skoolfooie en naskoolgelde vir 2017 te sien. Die bankbesonderhede is soos volg: Laerskool...
Lees verder...
HOEKOM LAERSKOOL BAKENKOP?
Puik medium grootte skool met 1070 leerders. Ons is kindgedrewe. Hier kry elke kind ‘n geleentheid om deel te neem. Hoë vlak akademie. Ons fokus nie net op die toppresteerders nie. Hier word elke...
Lees verder...