facebook-iconlinkedin-icontwitter-iconyoutube-icon

Groot sukses word behaal met ouer en kind aktiwiteite. Daar is Pa-en seun oorslaap aande en Ma en dogter kuiers. Aandag word geskenk aan Pa en Seun verhouding wat deurlopend geoefen word deur aktiwiteite wat saam deur Pa en seun voltooi word. Op hierdie wyse bou ons nie net slegs aan die verhouding tussen Pa en seun nie, maar ook aan die gesinsbande wat nodig is tussen Pa en seun teenoor Ma en sussies. Ma en dogter verhoudings word verskerk deur praatjies met sprekers soos Gretha Wiid en deur saam aktiwiteite te doen soos mosiaiek.

In 2015 doen ons dinge anders en besluit dis tyd dat Pa en dogter moet "date". Wat 'n onvergeetlike aand was dit nie toe Pa en dogter opdaag in hulle eie shauffier, pa in sy pak klere en dogter in haar mooiste rok! Die aand was vol verrassings toe pa en dogter saam leer dans, saam gaan piekniek hou het onder die sterre op die rugbyveld met haar eie hartjie kombersie en hulle 'n stel vrae gekry het om mekaar beter te leer ken. Die aand is afgesluit met 'n professionele fotosessie tussen Pa en dogter!

Nie net het ons 'n spesiale dag gereël vir Pa en dogter nie, maar in Nov 2015 kry Ma en haar seun ook 'n beurt om te jol....'n dag sonder pienk. Ons skop af waar ma en seun mekaar se gesigte moet  verf. Daarna word hulle in 5 groepe ingedeel en elke groep kry 'n beurt vir 'n Drumming session, Lazertag, toutrek, braai en 'n fotosessie  waar ma en seun ook 'n stel kaartjies kry om mekaar beter te leer ken. Die seuns het die mammas goed opdraande gegee met die toutrek....selfs die GR R seuns het die mammas gewen! Elke seun het weggestap met sy eie braaier! Dit was voorwaar n baie lekker dag!

In 2016 besluit ons die HELE familie moet saam iets doen. Ons reël 'n fliekaand onder die sterre. 'n Groot skerm van 9m x 7m word op die rugbyveld opgeslaan. Gesinne bring piekniekmandjies, komberse en kussings....alles om die fliek HEIDI te kom sien.! Dit was 'n baie koue aand vir 'n 18de Nov 2016 maar dit was spesiaal so gereël dat almal kon voel hoe koud HEIDI in die Alpe kry. Vir 2017 beplan ons pa-seun en ma-dogter.... hou die spasie dop. 

Sien wat die mammas te sê het oor die ma en seun - dag

 

 Kliek hier om die kommentaar van die ouers te sien oor die pa en dogter dag.  


KOERANT 2   ma seun1      ma seun 2 vliek 2     vliek 4


  1. NUUT
  2. KOLLIG
  3. POPULER
ONS NUWE WISKUNDE TRAPPE
trappe 1Alles gebeur altyd eerste by Laerskool Bakenkop. Ons leer ons Juniors van Wiskunde op 'n maklike manier. Ons trappe by die Junior blokke word "wiskundig geteël. Dis so populer op Sosiale Media dat...
Lees verder...
GHOLF
IMG 20161020 WA0007Alhoewel Gholf nie 'n sport aktiwiteit is wat aangebied word nie het ons nogsteeds Gholfspelers en daarom neem ons deel aan die Super 8 Gholfdag. 2016 se Super 8 was 'n baie geslaagde dag. Bernard...
Lees verder...
FLIEK AAND ONDER DIE STERRE
fliek heiOp 18 Nov 2016 hou ons 'n nuwe gesinsaktiwiteit en wat is nou lekkerder as om dit te doen onder sterre, op 'n kombers, met Popcorn en 'n Slushpuppy. Ons het 'n groot skerm van 9m x 7m op die...
Lees verder...
GR R PUTT PUTT BAAN
IMG 5939Daar is nie nog so 'n cool plek om by te wees soos by Gr R in Bakieland nie! Ons het ook in Junie 2015 ons eie putt putt baan vir die Gr R leerders gebou! Dit bevorder natuurlik groot en klein...
Lees verder...
HULLE IS HIER
DSC 0930Bakies het sy eie 2 gelukbringers…Blitzi. Blitzi is van die planeet Bakelonia. Blitzi is nie 'n seuntjie of 'n dogtertjie nie maar sommer net 'n Besige Bakie Blitzi. Blitzi is orals te sien in...
Lees verder...
PERSONEEL 2017
Bestuurspan 2017 Mnr Willie Fourie Hoof Mnr Chris Henrico Mev Marika van Wyk Mev Sharon du Plessis Mev Ilse Grobbelaar Mnr Albert Korf Mev Liezl Walters van Jaarsveld Mev Izett Grimsell Mnr Sias...
Lees verder...
SKOOLGELDE EN BANKBESONDERHEDE
Die skoolgelde vir 2017 is vasgestel op die Algemene Ouervergadering op 18 Oktober 2016. Druk hier om die skoolfooie en naskoolgelde vir 2017 te sien. Die bankbesonderhede is soos volg: Laerskool...
Lees verder...
HOEKOM LAERSKOOL BAKENKOP?
Puik medium grootte skool met 1070 leerders. Ons is kindgedrewe. Hier kry elke kind ‘n geleentheid om deel te neem. Hoë vlak akademie. Ons fokus nie net op die toppresteerders nie. Hier word elke...
Lees verder...