facebook-iconlinkedin-icontwitter-iconyoutube-icon

In 2014 is ons tema " IS JY AANBOORD"  

Vir ons kinders “is jy aanboord” beteken dit; is jy waar jy moet wees of mis jy jou lewensvaart by Laerskool Bakenkop? Iemand wat aanboord is, is elke dag betyds, voobereid, huiswerk is gedoen en ek doen die beste volgens my vermoëns.

As jy nie aanboord is nie staan jy op die wal en kyk jy hoe ander op hul lewensreis by jou verbygaan. Jy sien hoe ander gelukkig leef en beloon word vir goeie prestasies.

Hoe wonderlik sal dit nie wees as elke Bakie van dag een af aanboord kom, die liefde van ons Hemelse Kaptein ervaar deur ondsersteuning en voorbeelde van ouers, maats en personeel. Dan sal ons voorwaar aan die einde van die jaar weer kan anker by ‘n volgende hawe oppad na ‘n volgende fase in ons lewens. 

is jy aanboord klein

 

Aan die einde van 2014 het ons die Bakieskip geanker na ‘n baie besige en suksesvolle jaar. In 2015 is ons tema " BAKIES VLIEG HOOG".

Elke Bakie kry 'n paspoort tot vlug BAkie2015 vir ‘n opwindende reis in 2015.

Baie sterkte aan elke Bakie leerder, ouer en personeellid (ons passasiers) wat saam met Laerskool Bakenkop hoog gaan vlieg en gaan poog om baie hoë hoogtes te bereik; nie net op kultuur- en sportgebied nie maar veral op akademiese gebied.

Bakies vlieg hoog klein 

 Na 'n baie suksesvolle 2015 land ons veilig en is dankbaar vir alles wat ons kon bereik op die vlug. Ons is gereed vir 2016 en diè jaar gaan ons op die trein. Ons tema is " BAKIES IS OP DIE REGTE SPOOR". 

Die lewe is soos 'n reis op 'n trein ... met sy stasies ... met die veranderinge van roetes ... en met ongelukke!

Ons begin hierdie lewensreis op hierdie trein wanneer ons gebore word en ons ouers is die mense wat ons kaartjie koop.

Ons glo hulle sal altyd op hierdie reis saam met ons wees.

Maar op 'n sekere stasie sal ons ouers van die trein afklim, en ons alleen laat op hierdie reis.

Soos die tyd aanstap sal ander passasiers op die trein klim wat ‘n betekenisvolle rol sal speel - ons broers en susters, vriende, kinders en selfs die liefde van ons lewe.

Baie sal ook afklim tydens die reis en 'n permanente leemte in ons lewens laat.

Baie sal ongesiens afklim sonder dat ons eens sal weet dat hulle hul sitplekke verlaat het!

Jou treinreis sal vol vreugde, hartseer, fantasie, verwagtinge, “hello & goodbyes” en afskeide wees.

'n Goeie reis sal wees om vir mede passasiers te help om; om te gee, liefdevol te wees en sodoende goeie verhoudinge met elkeen te bou om seker te maak dat ons, ons bes doen om hul reis ook gemaklik te maak.

Die geheim van hierdie lewensreis is... Ons weet self nie by watter stasie ons gaan afklim nie.

Dus, moet ons die mooiste manier moontlik leef - wees aanpasbaar, vergeet, vergewe en offer die beste van wat ons het.

Dit is belangrik om so te leef, want wanneer die tyd aanbreek vir ons om ons eie sitplek te verlaat ... ons diegene wat voortgaan om te reis op die trein van die lewe, agterlaat met pragtige herinneringe.

Met hierie gesindheid word jy verwelkom op die 2016 BAKIE treinrit – Voorspoedige reis, bly op die regte spoor! 

Bakies is op die regte spoor klein

  

In 2017 loop ons op moeder aarde se grond - "BAKIES TRAP DIEP SPORE"

Voetspore is bewyse van waar ons was.Voetspore kan die rigting aandui in watter algemene rigting ons beweeg.Voetspore kan vertel hoe vining of stadig ons beweeg het gemeet aan die tree lengtes .Voetspore kan gevolg word.Voetspore kan wys, gemeet aan die diepte, watter laste jy gedra het.Sou jy terugkyk aan die einde van 2017 watter geheime gaan jou voetspore verklap?Geheime van die spoed waarteen jy beweeg het, die rigting vorentoe, agtertoe of sywaarts .Gee jy met jou voetspore leiding of lyding aan ander?Gelukkig weet ons dat wanneer ons ons Skepper se voetspore volg dit met ons goed sal gaan.Sterkte aan al die leerders , kom ons rek die treë en trap spore wat nagevolg wil word in Bakieland in 2017

diep spore klein


  1. NUUT
  2. KOLLIG
  3. POPULER
VALENTYNSDAE BY BAKIES
In ons maand van liefde wys ons dit ook deur op 14 Februarie rooi/pienk/wit aan te trek. Ons leerders is baie kreatief en spog graag in hulle mooi klere. Bakies die lewe. In 2017 het ons ook 'n...
Lees verder...
ONS NUWE WISKUNDE TRAPPE
trappe 1Alles gebeur altyd eerste by Laerskool Bakenkop. Ons leer ons Juniors van Wiskunde op 'n maklike manier. Ons trappe by die Junior blokke word "wiskundig geteël. Dis so populer op Sosiale Media dat...
Lees verder...
GHOLF
IMG 20161020 WA0007Alhoewel Gholf nie 'n sport aktiwiteit is wat aangebied word nie het ons nogsteeds Gholfspelers en daarom neem ons deel aan die Super 8 Gholfdag. 2016 se Super 8 was 'n baie geslaagde dag. Bernard...
Lees verder...
GR R PUTT PUTT BAAN
IMG 5939Daar is nie nog so 'n cool plek om by te wees soos by Gr R in Bakieland nie! Ons het ook in Junie 2015 ons eie putt putt baan vir die Gr R leerders gebou! Dit bevorder natuurlik groot en klein...
Lees verder...
GESINSAKTIWITEITE
KOERANT 2Groot sukses word behaal met ouer en kind aktiwiteite. Daar is Pa-en seun oorslaap aande en Ma en dogter kuiers. Aandag word geskenk aan Pa en Seun verhouding wat deurlopend geoefen word deur...
Lees verder...
HULLE IS HIER
DSC 0930Bakies het sy eie 2 gelukbringers…Blitzi. Blitzi is van die planeet Bakelonia. Blitzi is nie 'n seuntjie of 'n dogtertjie nie maar sommer net 'n Besige Bakie Blitzi. Blitzi is orals te sien in...
Lees verder...
PERSONEEL 2017
Bestuurspan 2017 Mnr Willie Fourie Hoof Mnr Chris Henrico Mev Marika van Wyk Mev Sharon du Plessis Mev Ilse Grobbelaar Mnr Albert Korf Mev Liezl Walters van Jaarsveld Mev Izett Grimsell Mnr Sias...
Lees verder...
SKOOLGELDE EN BANKBESONDERHEDE
Die skoolgelde vir 2017 is vasgestel op die Algemene Ouervergadering op 18 Oktober 2016. Druk hier om die skoolfooie en naskoolgelde vir 2017 te sien. Die bankbesonderhede is soos volg: Laerskool...
Lees verder...
HOEKOM LAERSKOOL BAKENKOP?
Puik medium grootte skool met 1070 leerders. Ons is kindgedrewe. Hier kry elke kind ‘n geleentheid om deel te neem. Hoë vlak akademie. Ons fokus nie net op die toppresteerders nie. Hier word elke...
Lees verder...