facebook-iconlinkedin-icontwitter-iconyoutube-icon

Op 18 Nov 2016 hou ons 'n nuwe gesinsaktiwiteit en wat is nou lekkerder as om dit te doen onder sterre, op 'n kombers, met Popcorn en 'n Slushpuppy. Ons het 'n groot skerm van 9m x 7m op die rugbyveld. Die fliek wat almal kyk is die gewilde Heidi. Asof Liewe Jesus wou hê ons moes voel hoe koud dit in die Alpe is was dit 'n baie koue aand met wind. Dit het darem beteken pappa en mamma kon nader aan mekaar sit.  Wat 'n heerlike aand was dit as familie saam! 

fliek hei     fliek 1    vliek 2     vliek 3

Dit is 'n instelling by ons skool om aan die begin van 'n nuwe jaar 'n seëndiens te hou waar ons voorbidding doen vir ons skool, sy leerders, ouers, personeel en gemeenskap. Op  Woensdag 18 Januarie 2017 om 18:00 het KerkSonderMure,Centurion baie gepas met ons Tema vir die jaar " Bakies trap diep spore" 'n kaalvoet diens kom lei. Tipies aan ons Bakie kultuur het ouers en leerders deelgeneem en ook kaalvoet die diens kom bywoon. Met sulke gesindheid kan ons nie anders as om diep spore trap in 2017 nie. 

voet 2     voete     voet 3    voet 4

Ons Mej Bakie van 2015, Klarissa Louw, het verlede jaar doppies en broodplaatjies ingesamel vir die projek "Breadtags for Wheelchairs" waar jy ongeveer 240.5kg broodplaatjies moet versamel word om een rolstoel te kan aankoop. Klarissa het dit reggekry om 5 rolstoele met haar projek aan te koop en dit te skenk. Baie geluk Klarissa!!! Ons is super trots op jou!

IMG-20160511-WA008    IMG-20160518-WA011    

Op 30 Mei 2017 daag die Juffrouens weer die mammas uit vir n netbal wedstryd. In 2016 wen die Juffrouens die mammas. Ons maak seker die noodhulp is ook daar want die ouderdomme wissel van 25 - 45. Daar heers groot gees op die netbalbaan want die kinders het gemengde gevoelens en party skree vir die ouers en party vir die juffrouens.30 Mei  Die keer wen die mammas die juffrouens met 2 punte! Ons stap van die baan af as trotse Bakies... ouers sowel as onnies! WAARS DIT LEKKER? HIERS DIT LEKKER

 

ma1     ma2    ma3    ma4

                

 

 

By Laerskool Bakenkop neem ons nie net van ons gemeenskap en borge nie maar glo ons om ook terug te ploeg in die gemeenskap en vir ons medemens. Elke jaar het ons ten minste 2 welsynsorganisasies waarby ons betrokke raak.

In 2016 skop ons af met die een op almal se lippe " Boere in Nood' en samel ons nagenoeg 50 000L water in. Ons gaan ook weer deel wees van die Blikkiesfees van Radio Bosveld sterio en help om hulle geraamde 20 000 blikkies te probeer insamel. Indien u as ouer of gemeenskapslid blikkies kos wil skenk kontak gerus Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Blikkies word 3 Junie 2016 afgelewer by Bosveld Sterio.     

 

 

 

IMG-20160224-WA001

Ons 2de kwartaal liefdadigheidsprojek vir 2015 besluit ons om die diere vir wie ons so lief is te ondersteun. Ons samel weer 1.2 ton kos in en skenk dit aan Wetnose. Op die foto is een van Wetnose se oudste diere wat een van die dae na n versorgingseenheid toe moet gaan. Juf Mandi se Gr 2/3 klas samel die meeste kos in 'n vole 298kg.    

 

IMG 9265   IMG 9268    

 

IMG 9274

Bakies het nie net slim onnies nie, maar hulle het ook baie talent op 'n verhoog. In Junie 2015 wys ons die leerders en ouers van ons skool wat ons kan doen. Elke graad moet 'n item lewer. Almal lewer 'n item, asook die Bestuurspan, die dames en mans doen afsonderlik ook 'n groep item, ons algemene werkers wys ons hulle hou nie net ons terrein skoon nie. Selfs ons dames in die kantoor verras met hulle "moves" op "Uptown Funk". 'n Konsert is nie 'n konsert sonder die "leeuloop" of die Flooze se "Hoezit my tjomma" nie. Dit was groot pret en almal het dit baie geniet.... ons doen dit binnekort weer! 

    

So is die personeel uitgedaag deur 'n Graad 5 leerder om ook deel te neem aan die Ice Bucket Challenge. 10 Personeel lede vat die kans en laat toe dat ander personeellede ons papnat gooi voor al die leerders. Dit was koud, maar baie pret!  

IMG 1226    IMG 1240    IMG 1269      IMG 1241     IMG 1244       

Potjiekos, potjiekos, lekker lekker lekker lekker Potjiekos.... so sing Anton Goosen en hy het dit seker hier in Bakieland gesien. Ons doen dit weer op 17 Maart 2016 sommer saam met ons hoof, Mnr Willie Fourie, se verjaarsdag en gooi vir ekstra pret 'n Kermis by! Nooit 'n vervelige oomblik by Bakies nie!  

    

   IMG 5383       IMG-20160318-WA002     IMG 5372   IMG 5264   IMG 5306

Ons eerste liefdadigheidsprojek vir 2015 is "feed a Child". Danica Ackermann, een van ons leiers neem die leiding met die projek. Ons samel 1.2 ton klere in vir die projek. 

IMG 7650    IMG 7660

  1. NUUT
  2. KOLLIG
  3. POPULER
VALENTYNSDAE BY BAKIES
In ons maand van liefde wys ons dit ook deur op 14 Februarie rooi/pienk/wit aan te trek. Ons leerders is baie kreatief en spog graag in hulle mooi klere. Bakies die lewe. In 2017 het ons ook 'n...
Lees verder...
ONS NUWE WISKUNDE TRAPPE
trappe 1Alles gebeur altyd eerste by Laerskool Bakenkop. Ons leer ons Juniors van Wiskunde op 'n maklike manier. Ons trappe by die Junior blokke word "wiskundig geteël. Dis so populer op Sosiale Media dat...
Lees verder...
GHOLF
IMG 20161020 WA0007Alhoewel Gholf nie 'n sport aktiwiteit is wat aangebied word nie het ons nogsteeds Gholfspelers en daarom neem ons deel aan die Super 8 Gholfdag. 2016 se Super 8 was 'n baie geslaagde dag. Bernard...
Lees verder...
GR R PUTT PUTT BAAN
IMG 5939Daar is nie nog so 'n cool plek om by te wees soos by Gr R in Bakieland nie! Ons het ook in Junie 2015 ons eie putt putt baan vir die Gr R leerders gebou! Dit bevorder natuurlik groot en klein...
Lees verder...
GESINSAKTIWITEITE
KOERANT 2Groot sukses word behaal met ouer en kind aktiwiteite. Daar is Pa-en seun oorslaap aande en Ma en dogter kuiers. Aandag word geskenk aan Pa en Seun verhouding wat deurlopend geoefen word deur...
Lees verder...
HULLE IS HIER
DSC 0930Bakies het sy eie 2 gelukbringers…Blitzi. Blitzi is van die planeet Bakelonia. Blitzi is nie 'n seuntjie of 'n dogtertjie nie maar sommer net 'n Besige Bakie Blitzi. Blitzi is orals te sien in...
Lees verder...
PERSONEEL 2017
Bestuurspan 2017 Mnr Willie Fourie Hoof Mnr Chris Henrico Mev Marika van Wyk Mev Sharon du Plessis Mev Ilse Grobbelaar Mnr Albert Korf Mev Liezl Walters van Jaarsveld Mev Izett Grimsell Mnr Sias...
Lees verder...
SKOOLGELDE EN BANKBESONDERHEDE
Die skoolgelde vir 2017 is vasgestel op die Algemene Ouervergadering op 18 Oktober 2016. Druk hier om die skoolfooie en naskoolgelde vir 2017 te sien. Die bankbesonderhede is soos volg: Laerskool...
Lees verder...
HOEKOM LAERSKOOL BAKENKOP?
Puik medium grootte skool met 1070 leerders. Ons is kindgedrewe. Hier kry elke kind ‘n geleentheid om deel te neem. Hoë vlak akademie. Ons fokus nie net op die toppresteerders nie. Hier word elke...
Lees verder...