REËLS IN VERBAND SKOOLDRAG EN SPORTDRAG:
Ouers word versoek om die voorgeskrewe skool - en sportdrag by die skool se amptelike leweransiers te koop. (Sien Verskaffers van Skooldrag). Dit verseker eenvormigheid en bied 'n beter beeld vir die skool. Die leweransiers verseker u van die absolute kwaliteit wat die skool en sportklere betref. Nuwe leerders kry drie weke geleentheid om skooldrag aan te skaf.