Algemen Inligting
'n Ruiter moet deelneem aan ten minste 3 kwalifiserende Rondtes om in aanmerking te kom vir die Noord Gauteng Span. Die beste 8 ruiters in elke klas kry kleure en gaan deur na die Finale byeenkoms. Die finale byeenkoms bestaan uit die 5 Gauteng Streke, nl: Sentraal, Noord, Sedibeng en Ekurhuleni. Die beste 8 ruiters by die finale byeenkoms kry Gauteng Kleure en neem deel aan die Nationale Kompetisie teen ander Provinsies.
|
Oefentye
Perdesport word nie by die skool aangebied of geoefen nie. Leerlinge beoefen die sport by 'n perdryskool van hul keuse en oefentye word deur die perdryskool en afrigter bepaal. Ruiters skakel in by die Bakie Perdesport span van die skool en die organisering van die span word deur die Bakie Perdesport komitee bestuur. Mev Francaise du Preez is verantwoordelik vir die sport en hanteer die algemene navrae. Sy kan gekontak word by: 083 320 8124 francaise@vodamail.co.za. SANEF is die organiseerder van interskole skou-byeenkomste waar ruiters van verskillende skole en streke kompeteer in 'n verskeidenheid van dissiplines. Meer volledige inligting is op hulle webwerf beskikbaar: www.sanefschools.co.za
|
VOORLOPIGE SKOUDATUMS vir 2012
by Misty Meadows Equestrian Sentrum
• 1 ste Kwalifiserede Skoubyeenkoms: 26 Feb 2012 • 2 de Kwalifiserede Skoubyeenkoms: 25 Maart 2012 • 3 de Kwalifiserede Skoubyeenkoms: 19 Mei 2012 • 4 de Kwalifiserede Skoubyeenkoms: 2 Junie 2012 • Finale Skou 14 -15 Julie • Nasionale Byeenkoms 11-12 Augustus
|
SKOUBYEENKOMSTE vir 2011
CLAIRE DU PREEZ en Diamond Pepper Sy neem deel aan Equitation, Working Hunter en Skouspring.

PAIGE JANSSEN en Vinkel Sy neem deel aan Dresseer, Performance Riding en Working Riding

|
PROVINSIALE KLEURE VIR 2011
Ruiter Plekke: Claire du Preez en Diamond Pepper • Gauteng Noord Kleure vir Working Hunter, Equitation, Skouspring. • Gauteng Kleure vir Skouspring
Skole Plekke: Bakenkop kry ‘n 13de plek uit 53 skole in die Klein Skole (1 tot 5 Ruiters) katagorie
|