Oueropeweek - Laerskool Bakenkop

Go to content

Main menu

Oueropeweek

Bakies > Ouersake
 

Oueropeweek
In die begin van 2011 het ons met n oueropeweek begin by die skool. Vir n week lank mag 'n ouer vir 'n dag lank saam met sy/haar kind kom skool gaan.
Van Graad 1 - Graad 7 word ouers die kans gegun om te kom kyk hoe lyk 'n dag in n skoolkind se lewe. Vir baie ouers is dit n openbaring om te sien hoe besig hulle kinders in die skool is. Die onderwysers behandel hulle nes enige ander kind in die klas en as jy 'n Graad 4 - 7 ouer is moet jy maar weet jou kans om toets te skryf in SW, EBW of NW is goed. Van die mammas het die dag baie ernstig opgeneem en kompleet met skoolklere opgedaag. Daar was tot n ouma wat wou kom kyk of haar kleinkind regtig so besig is soos wat sy sê.  
  


 
 
 
Back to content | Back to main menu