
Naskool
Ons doel is:
- Om dit vir leerders moontlik te maak om versorg en onder toesig aan al die aktiwitiete by die skool deel te neem, te studeer en take uit te werk in die Mediasentrum en Rekenaarsentrum.
- Om vry en gelukkig te speel.
- Die groot area is denkbeeldig afgebaken en die leerders teken op die register aan waar hulle besig gaan wees die middag.
- Ons leerders leer om selfstandig en verantwoordelik in 'n veilige omgewing te wees.
Algemeen
- Daagliks van 12:30 tot 17:30
- Na 17:30 word 'n boete van R10 vir elke kwartier gehef.
- Die personeel is opgeleide onderwysers.
- Van 14:00 tot 16:30 is daar 'n lokaal beskikbaar waar die leerders kan werk onder toesig.
- Huiswerkboekie word daagliks geteken.
- Leerders meld aan vir ligte maaltye direk na skool.
- Studieregister word gedoen.
- Om 15:30 ontvang hulle weer ligte versnapperings.
- Ouers teken die leerders af wanneer hulle afgehaal word.
- Leerders word nie toegelaat om die gronde te verlaat sonder skriftelike toestemming nie.
- Vrydae stap 'n onderwyseres saam met die leerders wat iets by die winkelsentrum wil gaan koop.
- Naskool Spyskaart
- Brief van die Hoof i.v.m. die Naskool, 1 Junie 2010
