Merietes by Laerkool Bakenkop - Laerskool Bakenkop

Go to content

Main menu

Merietes by Laerkool Bakenkop

Bakie Info
 

Die merietestelsel is 'n aanvulling tot die gedragskode van die skool.
Die toepassing van die merietestelsel het ontstaan uit die gedagte om leerders se goeie gedrag aan te moedig en te beloon. Voorts is verwag die positiewe benadering ook positiewe verhoudinge tussen personeel en leerders en tussen leerders onderling sal bevorder. Die merietestelsel dra ook by tot die keuse wat 'n kind maak dat hy 'n meriete vir 'n optrede kan kry, wat positief is, of dat hy 'n negatiewe gedragskode kan kry.

Die merietestelsel werk veral vir die kleiner Gr. R - Gr. 5 leerder goed tot baie goed. Die graad 6 en 7-personeel gee ook aan hul merietes. Die groter leerders het al geleer dat positiewe gedrag vir hom/haar voordeel inhou. Die graad 6-leerders word ingedeel in werkgroepe, om hul ontluikende abstrakte denke te stimuleer, hul leefwêreld te verruim en nuwe ervarings op hul lewenspad te bring. Die graad 7-leerders het normaalweg 'n besige skoolprogram waarby hul kan inskakel, hul word as leiers verkies, kan op eie keuse aansoek doen om as 'n Bakiejollers gekies te word en is die "groot kinders" van die skool. Die akademiese program fokus ook op abstrakte denke en voorbereiding vir hul hoërskooljare wat voorlê.

Twee tot drie keer per kwartaal roep die Hoof die leerders vir merietes. Die Hoof (en dalk "n hulp) stempel die leerders se merietesertifikate, gee aan elkeen "n lekker vir 5 merietes behaal. Daarby kan 'n leerder kies tussen die klein geskenkies (soos wat die Hoof se portefeulje dit toelaat).
Aan die einde van die jaar kry 'n persentasie van die leerders met die hoogste punte geleentheid, na die eksamen, om op 'n uitstappie te gaan. Die uitstappies wissel van speelpark tot uittog na filmteater. Die uitstappies is gewild.
Merietes is waardesisteem gedrewe en het niks met akademiese vordering te doen nie.
Merietes word onder Bakiestergedrag in huiswerkboek aangeteken.


 
 
 
Back to content | Back to main menu