Leieridentifisering - Laerskool Bakenkop

Go to content

Main menu

Leieridentifisering

Bakies
 

Die ontwikkeling van leierskap lê ons na aan die hart.

Reg deur die jaar word daar gepoog om van 'n groot verskeidenheid leerders gebruik te maak in leierposisies, bv. klasleier, spankaptein, medialeiers, skolierpatrollie, ens. Die leerders word ondersteun deur die personeel en ontvang opleiding waar nodig.

Uit die hele graad 6 groep word 24 leerders aangewys as die skoolleiers vir die volgende jaar. Ons het 'n unieke stelsel by die skool waar daar wyer gekyk word na die moontlike leierskappe van die leerders.

Ons leerders behaal groot sukses in die Hoërskool as gekyk word hoe 'n groot persentasie Bakies by verskillende hoërskole as leiers aangewys word.

 
 
 
Back to content | Back to main menu