Laerskool Bakenkop

Senior Koor


 

 

Om lid te wees van die Seniorkoor van Laerskool Bakenkop, is een groot fees. Ons spring weg met ‘n heerlike pretdag waar ons oefen, speel, gly op ‘n waterwurm en lekker eet!

Vanjaar het ons ‘n splinternuwe Notepret-aand gehad by Klub Kiepersol waartydens ons by die ouers gespog het met ons musiek..

Deelname vir 2009 sluit die volgende in:

  • Tshwane Jeugkunstefees oudisie.
  • Radio Kansel se Tehila Gospel kompetisie.
  • Optrede in Pretoria Stadsaal saam met Bobby van Jaarsveld.
  • Centurion Kunstefees.

Ons is dankbaar vir die talent wat ons ontvang het en deel dit graag met almal.

  • Seniorkoor datums
23 April 2009Koorkoekeloer
1-5 Junie 2009Tshwane Jeugkunstefees oudisie
22-25 Junie 2009Kultuurweek
6 Augustus 2009Optrede saam met Bobby van Jaarsveld – Pretoria Stadsaal
29 Augustus 2009Centurion Kunstefees

Organiseerder: Mev Mandi Kotze