
Redenaars
Redenaars
Laerskool Bakenkop se redenaars skop af in 2010 met groot opgewondenheid. Die Bakies is trots op ons entoesiastiese en hoë gehalte redenaars.
Die redenaars temas vir 2010 is:
- Graad 1 – 3
- My mense
- Mors
- Lekker goed
- Graad 4 – 5
- Werk
- Padtekens
- Verbeelding
- Graad 6 – 7
- Foute
- Respek
- Balans
Laerskool Bakenkop se jaarlikse interne redenaars-kompetisie was ’n groot sukses. Die redenaars het oorredende en beredeneerde toesprake gelewer waarmee hulle die gehoor tot ’n standpunt oorreed en beïnvloed het. Tydens die kompetisie is Alta Bruwer in die junior-afdeling en Laurine Kleynhans in die senior afdeling as wenners aangewys. Die graadwenners wat die gehoor met selfvertroue oortuig het van hulle logiese en kreatiewe denke was:
- Jason Schickerling, Graad 2
- Charné Oosthuizen, Graad 3
- Alta Bruwer, Graad 4
- Suné Kleynhans, Graad 5
- Lise Bruwer, Graad 6
- Laurine Kleynhans, Graad 7
Die wenners kry die geleentheid om jaarliks aan die ATKV Redenaarskompetisie deel te neem.
Bakies se Redenaars
Die jaarlikse redenaars-kompetisie 2009 by Laerskool Bakenkop was weereens ‘n groot sukses en die gladde-bek Bakies het die gehoor met talle wyshede, humor en insigte aan hul monde laat hang. Die leerders wat as wenners aangewys is verskyn van links na regs op die foto:
Agter: Harry Cassidy, Maranée Botha en Laurine Kleynhans.
Voor: Wilhelm Marais, Lezandri van Zyl, Suné Kleynhans.
Die twee sussies, Laurine en Suné Kleynhans, is as algehele wenners by die Junior- en Seniorafdelings aangewys. Hulle het die skool ook by die ATKV-uitdunne verteenwoordig. Ons is trots op julle!
Bakenkop se redenaars vaar gewoonlik goed en is uitstekend met hulle onvoorbereide toesprake. Hulle kry ook die geleentheid om kursusse by te woon wanneer daar aangebied word.
