
Massadeelname
Massadeelname om elke leerder ‘n geleentheid te gee om darem aan iets jaarliks deel te neem is vir Laerskool Bakenkop baie belangrik. Dit gee leerders blootstelling wat hulle vorming bou.
Hierdie jaar 2009 hou ons ‘n Jubelfees: JESUS LEEF!
Dit behels ‘n massaoptrede op die rugbyveld met sang bewegings en kostuums wat ons aantrek om Jesus te loof. Dit is gewoonlik die dankie sê jaar van die bakies. Skaapherders, engele, koordansers en bewegings. Ouers en toeskouers gaan ook die geleentheid kry om saam te sing of deel van die program te wees. Selfs Gr R neem aan die projekte deel.
Vooraf opgeneemde musiek met ons eie Ligte liedjie kinders gaan die agtergrondstemme wees waarmee die kinders en ouers gaan saam sing.
Ons begin by die geboorte van Jesus, dan die intog in Jerusalem, Kruisiging en dan opstanding. Die wonderlikheid dat Jesus leef sal die boodskap wees wat die hoop uitdra en dat hy elke dag by ons is.
2008 het ons Gimnastrade gehou. Daar was ligte klassieke musiek gebruik en dit was ook op die rugbyveld van Hoërskool Zwartkop aangebied. Leerders doen dan in ‘n massa saam met die musiek bewegings . Elke leerder het ‘n lappie of vlag wat ook soms gebruik word. Ons het oranje en wit lappe van ±46 meter gebruik wat oor die lengte van die rugbyveld gestrek het gebruik. Dit was pragtig.
2010 doen ons revue. Vorige revue was in 2007. Dit was “Musicals” Elke graad het een voorgestel. 2010 gaan slegs in Afrikaans wees en ons gaan behoorlik “rock” in ons taal. Beplanning is reeds ernstig aan die gang en ons is baie opgewonde.
