
Bakiejollers
Hou jy dalk van sing? Wat van dans? By die Bakiejollers kan jy altwee doen. Dit is nou die skool se eie revue groep wat slegs uit graad 7 leerders bestaan. Voordat jy in die groep kan wees, moet jy eers ‘n oudisie doen. Aan die begin van die jaar het ons op ‘n kamp gegaan - dit was baie lekker!
Meeste kinders in die groep het nie professionele dans of sang afrigting nie en dis baie lekker om dit saam met jou maats te doen.
Al ons optredes die jaar:
- Ek dink ons hoogte punt van die jaar is toe ons die oudisie vir die staatsteater deur gekom het en daar kon optree.
- Ons was bevoorreg om by die N.G Kerk se kermis te kon optree.
- Natuurlik het ons by ons skool se eie potjiekos dag opgetree.
- en laaste maar nie die minste het ons een Vrydag vir die skool opgetree, want hulle wou ons ook graag sien.
Die revue groep is onder leiding van Mev. Arista Gouws, Mev. Amanda Hamman, Mev. Lientjie Sothmann, Mev. Mari Lotter en Mnr Albert Korf.
Ek dink persoonlik ‘n kind wat nie Bakiejollers kan doen nie, mis uit op groot pret. Al die harde oefening word beloon.
Bakiejoller
Gr 7 2009
