
Die boetie en sussie van Laerskool Bakenkop kan slaan! Hulle het deelgeneem aan die Sharin-Ryu Sharinkan Nationale Kampioenskappe vir Karate gedurende die September vakansie. Stephan Knoetze het 2 silwers medalje in die afdeling Kata en kumute verwerf. Sy sussie Nicola het 'n brons medalje in Kata verwerf en 'n silwer in Kumite.