Junior Koor - Laerskool Bakenkop

Go to content

Main menu

Junior Koor

Kultuur
 
 
 

Die koor bestaan tans uit ± 60 lede.

Koorleier: Tersia Cilliers
Begeleidster: Arista Gouws
Elize Strydom is ons juffrou wat help met kontrole en toesig. Sy vertel die wonderlikste Jakkals en Wolf stories.
Oefentye:
Maandag – Gr 1 en gr 2 - 12:45 en Gr 3 13:20. Almal oefen dan tot 13:45
Woensdae 13:30-14:30

Dit is ‘n gekeurde koor wat sover as moontlik suiwer moet sing. Daar word na alle Gr 1 tot Gr 3 leerders geluister. Die leerders met die suiwerste stemme en goeie musikale oor word dan gekies. Ons werk baie aan stembou en gehoor.

Soveel as moontlik musikale speletjies en lekker goedjies word tussen in met die outjies gedoen, sodat dit vir hulle lekker bly. Baie harde oefening vind hier plaas want daar word aan koor kompetisies deelgeneem en dit moet aan sekere vereistes voldoen.

Ons het ook ons eie opstapliedjies wat spesiaal vir ons koor geskryf is. Sover ons weet, is ons die enigste koor wat hierdie spesiale kenteken het.

Ons sing graag opgeruimde, lewendige, humoristiese liedjies.

Elke jaar gewoonlik in Februarie gaan ons gewoonlik vir ’n Saterdag oggend op kooruitstappie waar ons dan ook wegspring met die eerste liedjies vir die jaar en ons sing, speel en lag die heeldag deur.

Kompetisies waaraan ons gewoonlik deelneem is:
Eisteddfod
ATKV – Applous
Tehila
Centurion Kunstefees

Prestasies:
Eisteddfod 2008: A+; 2009: A
Centurion Kunstefees:2008: A

Optredes vir genot:
Notepret – Eerste amptelike optrede voor ouers
Elke tweede jaar saam met kunstenaar in stadsaal van Pretoria. Bv. Manuel Escorcio, Arno Jordaan, Carike Keuzenkamp, Rina Hugo, Nadine, ens.
Kultuurweek by ons eie skool
Uitnodigings na kerke, bejaarde sentrums en ander skole se kultuurweek.

 
 
 
Back to content | Back to main menu