Main menu
Ons het op 24 Januarie 2012 'n Gr R interkleuterskole atletiekmiddag hier by Bakies gehou. Twee kleuterskole het saam met ons Gr R leerders deelgeneem aan hekkies, 60m naellope, spiesgooi, jukskei verspring en gewigstoot.
Die doel van die byeenkoms is om die Gr R leerders bewus te maak van wat in die "groot skool" wag asook om groot en klein motoriese ontwikkeling te bevorder en te stimuleer.
Die dag was 'n groot sukses. Die ouers sien 'n toekomstige Springbokhekkie atleet in hul kind en Bakies sien uit om al die Gr R'e trotse Blitzi Bakies te maak.