
Bakies Graad R
Leer is lekker!
Hoekom Gr. R by Laerskool Bakenkop?
- Ons streef na die beste onderrig vir u kind deur leerders die geleentheid te gee om speel-speel in groepsverband te ontwikkel. Persoonlike deelname word egter ook aangemoedig. Leerders moet self dink, self doen en self redeneer. Die klem van onderrig is op die proses en nie op die eindproduk nie. Dit gee aan elke leerder die geleentheid om volgens sy eie vermoë te ontwikkel.
- Die klasse is gerieflik geleë op Laerskool Bakenkop se terrein. Leerders leer maats en omgewing ken, wat aanpassing in Gr. 1 vergemaklik.
- Naskoolfasiliteit tot 17:30 op skoolterrein beskikbaar. (skoolvakansies uitgesluit)
- ‘n Leerdergesentreerde program word gevolg nl. die Nasionale Kurrikulum Verslag soos voorgeskryf deur die Nasionale Departement van Onderwys.
- Gereelde vorderingsverslae en oueraande hou u op hoogte van u kind se vordering.
- Gekwalifiseerde onderwysers wat spesifiek in Gr. R onderwys opgelei is. Voortgesette bywoning van kursusse.
- Gratis rekenaarklas 1x per week in die rekenaarsentrum.
- Addisionele aktiwiteite word soggens tydens buitespel teen ekstra koste aangebied.
- Ballet
- Musiekbeluistering
- Playball
- Deelname aan aktiwiteite by die skool bv. atletiek, bulletjie-rugby, mini-krieket, revue, kerstablo en gimnastrade. Lg. drie word jaarliks om die beurt aangebied en die hele skool se leerders word betrek.
Koste
Skoolfooi vir 2009: R550,00 per maand vooruitbetaalbaar vir 11 maande vanaf Januarie.
Algemeen
- Skoolure 07:30 tot 12:45
- Toesig is beskikbaar vanaf 07:00 tot 13:20
- Tot einde Januarie kom die skool om 12:00 uit
- Vakansie: Soos skoolvakansies vir Gauteng
- Veiligheid: Leerders moet asseblief deur die verantwoordelike persoon by die Gr. R klas gekry en uitgeteken word. Geen leerder sal toegelaat word om by die hek te wag nie.
- Kleredrag: Speelklere wat maar vuil mag word
- Onderwyseresse: Corrie du Toit en Hester Ferreira
Navrae
Skakel gerus die skoolkantoor by 012 653-4187 met enige navrae.

