CSV:
Daar word weekliks CSV gehou vir Gr4 - Gr7. Die kinders leer die Here op 'n informele manier beter ken, en ons het 'n wonderlike verhouding ook onderling met mekaar. Ons het nou reeds 2 jaar na mekaar die VCSV (Verenigde Christen Studente Vereniging) kamp vir laerskole by Die Hoekie kampterrein bygewoon. Dit is absoluut heerlik! Vir meer inligting, hou die kwartaalprogram dop, of kontak Thea Bruwer by 083-414-7004. (Die foto is van die groep kinders wat die kamp op 18-20 Maart 2011 bygewoon het)