Laerskool Bakenkop

Credo


Die visie van die skool is om die leerders se volle potensiaal te ontwikkel.

Ons leerders se missie: Hanteer elke situasie so goed as wat ek kan.

Ons missie as personeel van Laerskool Bakenkop is
om die leerders Christosentries te onderrig en op te voed,
sodat hulle vaardig en diensbaar is.


 

Leerderkode

As trotse leerder van Laerskool Bakenkop onderneem ek om:

  • ‘n Christelike lewensbeskouing te handhaaf en God en Sy Woord te eerbiedig.
  • My skool getrou te dien en sy goeie naam te alle tye,
    met woord en daad in ere te hou.
  • Hulpvaardigheid na te streef en te probeer
    om my medemens met liefde te dien.
  • My meerders, ouers en onderwysers te respekteer.
  • Die wat minderbevoorreg is as ek, met empatie en respek te behandel
    en my te alle tye teenoor alle mense hoflik te gedra.
  • Netheid, getrouheid en eerlikheid na te streef.
  • My uiterste bes te doen om met my talente te woeker.
  • My skool, die terrein en omgewing netjies en skoon te hou.
  • Te probeer om in alles wat hierbo genoem is,
    my skool se leuse ”Trou aan ons eie” uit te lewe.

 

Skoollied

Trou aan ons eie rig Bakenkop
Trots, maar in ootmoed ‘n baken op
Baken van kennis geloof, hoop en moed
Op aarde gekoop met ons bloed.

Laat ons met wysheid ons land deurdrenk
Met al die gawes wat u ons skenk
Gee dat ons dade u raadsplan sal dien
Ons oë U koninkryk sien.

Neerlae en seges vul elke dag
Maar ons streef hoër, want Hoër Krag
Vul ons met ywer, met vreugde en trots
Want Bakenkop staan op ‘n Rots.

Speel die musiek...