Main menu
"Dit was Bobby se verjaarsdag die dag met sy vertoning by ons skool en die Bakies het hom verras met n verjaarsdagkoek op die verhoog.

Kunstenaars kuier by Bakies
Dit is n instelling. Bakies is bekend vir sy jaarlikse fondsinsameling projek waar ons 'n bekende kunstenaar na ons skool toe nooi vir 'n buitelug vertoning op ons rugbyveld. Mense kom van heinde en verre. 'n paar van ons ligteliedjie kinders doen 'n voorprogram en gee hulle die geleentheid om voor 'n skare van 1600 op te tree. Die mense bring hul piekniekmandjies en geniet die aand vreeslik op die rugbyveld. In 2010 het ons vir Juanita du Plessis gehad en in 2011 vir Bobby van Jaarsveld. In 2012 vier ons die skool se 30ste verjaarsdag en ons gaan n groot musiekfees hou met 'n paar kunstenaars. Hou die spasie dop!